Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
"Oom Gert" by Tukkies nou ook in gevaar
Daniel Viljoen

Die Universiteit van Pretoria (UP) het besluit om nóg ’n aanslag te maak op studentekultuur.

Volgens ’n aankondiging gaan die legendariese Oom Gert se Plek, ’n kuierplek op die UP se Hatfield-kampus, gesluit word om vir ’n studiesentrum plek te maak.

Sedert ek in 2015 aan Tukkies begin studeer het, het die beheerliggaam van hierdie instelling sy bes gedoen om studentekultuur te demp. Jool en Lentedag is niks teenoor wat dit was nie. Vlotte is afgeskaf. Serrie is sedert 2017 “uitgestel” en het nooit hervat nie – dit is selfs van die UP se webblad verwyder. En nou is Oom Gert in die visier.

Die ‘safe space’

Oom Gert.

Oom Gert is waarheen studente gaan vir ’n bier ná ’n moeilike eksamen. Oom Gert is waar die rokers bymekaarkom voor klas vir ’n vinnige ontbyt. Oom Gert is waar landboustudente ná ’n bemarkingsdag ’n hamburger en Coke geniet. Dis waar studente ’n bord chips kry, terwyl hulle wag vir hul volgende klas wat eers oor ’n uur begin. Oom Gert is nog altyd daar vir studente wat nie op die Aula se grasperke wil sit en met ’n nat broek wil wegstap nie.

Dis waar studente gaan wat nie deur die duiwe op die GW se grasperke gepes wil word nie.

Dis daai “safe space” waarvan almal op sosiale media so praat.

Waar gaan jy jou ‘chips’ kry?

Dit is afskuwelik van die Universiteit van Pretoria om studentekultuur openlik aan te val. Daar is talle studiesentrums op kampus. Daar is die Merensky, daar is die OR Tambo, daar is ’n magdom plekke met sterk WiFi waar jy kan gaan sit en jou lesings aflaai, maar nie een van hulle bedien burgers en chips nie.

Dis net Oom Gert.

LEES OOK: #RedOomGert: Dis gaan oor meer as net 'n kuierplek

Oom Gert is al vir donkiejare op kampus. Ek het self baie ure daar spandeer. Die generasie voor my het hul draughts daar gaan drink en selfs ons ouers het die gesellige atmosfeer daar geniet.

Oom Gert is meer as studentekultuur.

Oom Gert is tradisie. En dit sal ’n skande wees dat dit óók ’n slagoffer moet wees van die Universiteit van Pretoria se aanval op studentekultuur.

TEKEN DIE PETISIE: Klik hier vir meer inligting.

  • Daniel Viljoen (24) is tans besig met sy honneursgraad in argeologie aan die Universiteit van Pretoria.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.