Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Oorreed my om my kruisie te gaan trek
Rasaad Adams
Rasaad Adams

Die 2019 algemene verkiesing is om die draai. Baie is opgewonde – hulle beskou 8 Mei 2019 as ’n nuwe begin en era vir Suid-Afrika.

Ek weet egter nie of ek gaan stem nie.

Ek die opwinding onthou wat deur my gevloei het toe ek in 2016 vir die eerste keer kon stem.

Dit was in daardie jaar se plaaslike verkiesing. Van ’n baie jong ouderdom af was ek reeds betrokke by ons plaaslike politiek.

Ek het altyd die “blou party” gehelp om plakkate op te hang, ek was deel van deur-tot-deur-veldtogte en het algemene werwing vir die “blou hempies” in die gemeenskap van Botrivier gedoen – dit alles terwyl ek nog nie eens oud genoeg was om te stem nie.

Ek wil hoor wat julle plan is

Wat is my punt met hierdie skryfstuk, vra jy? Ek weet nie regtig nie. Dalk is dit bloot ’n manier om so bietjie aandag na myself te trek. Dalk was ek verveeld. Of dalk is dit ’n oproep op Suid-Afrikaanse politici om bietjie by te kom!

As ’n jong kieser het ek nie die vaagste benul vir wie ek gaan en moet stem nie. Daar is nie ’n enkele politieke party wie se verkiesingsmanifes en ideologieë tot my as ’n bruin Afrikaanse kieser in sy twintigs spreek nie. Die meeste is geskoei op ras, kleur en ekonomiese en sosiale status.

LEES OOK: VERKIESING: 'Dis nou of nooit!'

Wat ek graag wil hoor, is wat jy as party, sou jy aan bewind kom, gaan doen om te verseker dat indien ek oor ’n paar jaar met my graad die wêreld van werk betree, ek nie benadeel gaan word as gevolg van my ras of die taal wat ek praat en die onderrig wat ek ontvang het nie.

Ek wil hoor hoe jy beplan om die huidige generasie deel van die politieke kultuur te maak – want op hierdie stadium lyk die parlement soos ’n tehuis vir bejaardes. Hierdie is eintlik ’n belediging vir bejaardes in tehuise, want ten minste weet hulle darem hoe om beskaafd op te tree.

Ons oë begin oopgaan

Die parlementêre moniteringsgroep (PMG) het onlangs bekend gemaak dat die aantal nuwe geregistreerde kiesers tussen die ouderdom van 18 tot 19 drasties gedaal het van 646 313 in 2014 tot 341 236 in 2019. Dit is ’n daling van 47%. Waaraan ek dit toeskryf, is die feit dat ons jong mense se oë by die dag begin oopgaan.

Die meeste jeugdiges is glad nie vatbaar vir goedkoop politiek nie en besef dat politieke partye nog ’n baie verouderde politieke kultuur probeer kweek.

My raad aan jou as politikus sal wees om jou fokus te verander.

Jy moet begin besef dat ons die toekomstige leiers van hierdie land is. Indien jy wil hê dat die hele idee van politiek en politieke stelsels moet voortleef, is dit tyd dat jy, soos die jonges sal sê, ’n mindshift moet maak.

Jy moet begin besef dat ons die toekomstige leiers van hierdie land is. Indien jy wil hê dat die hele idee van politiek en politieke stelsels moet voortleef, is dit tyd dat jy, soos die jonges sal sê, ’n mindshift moet maak.

Vir jou mag dit dalk nie so lyk nie, maar baie van ons jong mense smag daarna om deel te wees van ons land se politiek. Ons wil so graag meer jong verteenwoordigers in die parlement sien. Op hierdie stadium lyk dit egter asof jy net belangstel in my grootouers se stem – hulle was mos deel van die struggle waarop jy steeds jou manifes skoei.

Daar is nie veel tyd oor nie; 8 Mei is om die draai. Kyk dus of jy my kan oorreed om op hierdie dag, waarna baie so uitsien, ook my kruisie te gaan trek.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.