Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ou landsvlag: 'Moenie aspris wees nie'
Stefan Botha
Stefan Botha. Foto: Martin de Kock

Ek het ’n paar jaar gelede ’n palmboom in ons voortuin in ’n vlagpaal omskep, ’n Suid-Afrikaanse vlag oor die internet bestel en dit teen die boom gehys.

Ek glo in hierdie kleurvolle vlag. Die vlag wat staan vir alle stamme, rasse en kulture en waaronder daar eenheid in diversiteit gekweek word.

Ek kan nie wag om op 25 Mei by die president se inhuldiging op Loftus Versfeld hierdie vlag saam met duisende ander trots te waai nie.

Ek sien ook uit daarna om te beleef hoe sommige wit mense, ná 25 jaar van hierdie vlag se bestaan, op Woensdag die heel eerste keer in ons land se geskiedenis hul steun aan ’n swart leier in ’n algemene verkiesing gaan gee.

Ek glo in hierdie kleurvolle vlag. Die vlag wat staan vir alle stamme, rasse en kulture en waaronder daar eenheid in diversiteit gekweek word.

’n Werklike mylpaal vir ons demokrasie en ons vlag wat my aanhou inspireer en hoop gee. Suid-Afrika is my tuiste. Ek gaan nêrens nie.

Daarom wapper ons mooi vlag onbeskaamd in my voortuin vir almal om te sien dat ek vir die nuwe Suid-Afrika is, al gaan dit goed óf sleg.

Deel van ons geskiedenis, maar gee ook aanstoot

Vir so lank as wat ek kan onthou, is daar ’n Oranje-blanje-blou-vlaggie op ’n houtstaander in ons gangkas. Ons hou dit daar omdat dit deel is van ons geskiedenis en ons daarby kan leer. Ons kry nie skaam daarvoor nie, maar sal dit ook nie langs ons braai onder die lapa gaan uitstal nie.

Hierdie ou vlag het beslis ’n aanstootlike konnotasie vir baie van ons landsburgers. Ek sal persoonlik nie daarvan hou as my gewese onderdrukker se vlag in die middel van my eie landsvlag verskyn nie.

Dit sal my konstant herinner aan die onderdrukking en marteling van my mense. So is die Britse vlag en die nalatenskap daarvan op ons harte gegrafeer.

Daarom hoort die ou vlag in museums, gangkaste en in die argiewe. Dit hoort beslis nie op jou Facebook-profielfoto, op jou motor se buffer, by ’n sportwedstryd óf op Twitter om te wys hoe “mooi” jou lapa lyk nie.

Insgelyks sal ek ook nie daarvan hou dat die vlag wat vir verdeeldheid en onreg verantwoordelik was, vandag deur my medelandsburgers passievol rondgeswaai word nie. Daardie vlag wek dus gemengde emosies in almal van ons.

Daarom hoort die ou vlag in museums, gangkaste en in die argiewe. Dit hoort beslis nie op jou Facebook-profielfoto, op jou motor se buffer, by ’n sportwedstryd óf op Twitter om te wys hoe “mooi” jou lapa lyk nie.

Moenie net aspris wees

Ons moet wel daarvoor versigtig wees om dinge in ons land te begin verbied. Dit kan ’n rimpeleffek hê wat sensuur op baie dinge in ons samelewing sal plaas. Asof die mate van ons sensitiwiteit nie rééds genoeg is nie. Dit sal nadelig vir ons demokrasie wees en net meer verdeeldheid veroorsaak.

Ernst Roets het onlangs vertel van iemand wat so vies raak vir die voorstelling van die verbod dat hy dit sterk oorweeg om ’n ou vlag aan te skaf en dit op sy lessenaar uit te stal. Dít is die gevolge van verbanning. Moenie sout op ou wonde gooi nie. Help eerder met die totale genesing daarvan.

LEES OOK: Bêre die ou landsvlag – en sommer die strydbyl ook

Elke betwiste simbool kan wragtig nie tot haatspraak verklaar word nie.

Wat ons wel kan doen, is om begrip te hê vir mekaar se seer en bewus te wees van dit wat ander kan ontstel, asook hoekom hulle dit afkeur. Ons moet ons oordeel gebruik en weet in watter milieu en konteks sommige simbole gepas is en in watter nie.

Kom ons respekteer mekaar en wees nie aspris nie. Kom ons verlang nie na die verlede nie maar bou eerder ’n beter en mooier toekoms saam.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.