Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ou vlag: Pasop om te vinnig te verbied

Ons pragtige land het al baie ver gekom ondanks al die struikelblokke, die aaklige tye en die hartverskeurende stryd waardeur hy moes gaan.

Huzaifa Kahn
Huzaifa Kahn

Ons kom van ’n tydperk van ongelykheid en ongeregtigheid, basies ’n diktatorskap, waar die kleur van jou vel jou lewensgehalte en jou geleenthede en die volume van jou stem bepaal.

Ons het gevorder tot by ’n land wat divers en mooi is, waar elke burger se stem ewe veel tel, waar jou lewensgehalte afhang van dít wat jy insit, en die belangrikste, waar elke burger die mag het om te besluit wie ons ongelooflike land moet regeer.

Regte en verantwoordelikhede

Die laaste tyd is die saak van die ou vlag baie in die nuus nadat die Nelson Mandela-stigting gevra het dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verbied moet word, omdat dit haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering op grond van ras simboliseer.

Maar die debat rondom hierdie kwessie het egter nog baie aspekte wat bespreek moet word.

Die eerste is dat in ’n vrye, demokratiese land, ons as burgers die reg het op vryheid van spraak, om ons opinies en gedagtes te deel en om ons individualiteit uit te druk.

Dit beteken dat ons die geleentheid gegee word om te wys wie ons is, om te glo waarin ons wil, om idees te deel en die belangrikste, ons kan ons eie mense wees, met ons eie gedagtes en vrye wil.

Met al dié regte kom daar egter ’n verantwoordelikheid. In die geval moet ons seker maak ons maak ander nie seer met ons oortuigings nie. Ons moet die grense en regte van ons medeburgers respekteer.

Met al dié regte kom daar egter ’n verantwoordelikheid. In die geval moet ons seker maak ons maak ander nie seer met ons oortuigings nie. Ons moet die grense en regte van ons medeburgers respekteer.

As dié reg weggeneem word, word die grondslag waarop ons land gebou word, wankelrig. Want wat is ’n demokrasie as ons regte bepaal word deur diegene wat regeer?

Is dit regtig reg om die regte van een groep mense af weg te neem, omdat dit ’n ander groep kan aanstoot gee? Dit bring ons dan by die volgende punt.

Vlag ’n manier van uitdruk

Die opofferings wat gemaak is en alles waardeur ons is, is sonder twyfel ongelooflik, aaklig en terselfdertyd, kosbaar. Want hoe plaas jy ’n prys op vryheid?

Dit is daarom verstaanbaar dat die mense wat geraak is deur die greep van apartheid aanstoot neem as hierdie simbool van die monster wat hulle lewe so versuur het, rondgeswaai word.

Dit herinner hulle aan die trauma wat hulle moes deurgaan, die uitdagings en al die geriewe wat hulle nie kon geniet nie.

LEES OOK: Wanneer opinies nie net opinies is nie

Maar ek dink nie om aanstoot te gee is genoeg of ’n geldige rede om iets te verbied nie. Om aanstoot te neem deur iemand se optrede of ’n stelling, is heeltemal geldig. Dit is duidelik, dit kan nie verkeerd geïnterpreteer word nie, dit is presies wat dit bedoel is om te wees.

As ons kyk na die tegniese definisie van haatspraak, is dit woorde wat gebruik word om seer te maak, om haat aan te vuur of om skade aan te rig.

Die vlag is nie net ’n lewelose objek nie, dit is ’n manier om iets uit te druk. Terwyl dit vir sommige mense kan aanstoot gee, is dit uiteindelik belangrik om daarby verby te kyk, verby dít wat ons sien en om te probeer verstaan hoekom mense sekere dinge doen.

Dit is die enigste manier waarop ons as ’n land vooruit kan gaan, om die mense wat saam met ons in hierdie land bly, te probeer verstaan.

Dit is die enigste manier waarop ons as ’n land vooruit kan gaan, om die mense wat saam met ons in hierdie land bly, te probeer verstaan. Dit is baie maklik om net outomaties aan te neem wat iemand se intensie is as hulle die vlag ten toon stel, maar ons moet hulle redenasie en rede daaragter in ag neem.

Konteks is nog ’n sleutel om die verbod van die vlag te verstaan. Dit is belangrik om die rede hoekom mense sekere dinge doen, te verstaan, voordat jy verskriklike afleidings maak. Hoe kan jy aanvoer dat die vlag verbied word sonder om te vra hoekom dit gehys word?

Magsposisies

Laastens is dit ’n baie gevaarlike ding om toe laat dat mense in magsposisies die wet aanpas of sekere goed verbied, net omdat ander mense sekere gevoelens het.

Deur die wet aan te pas, beteken dit dat die regering nou reëls kan verander soos hy wil.

Dit kan katastrofies wees, omdat dit daartoe kan lei dat ons leiers regte kan wegneem waarvoor die generasies voor ons geveg het. So kan ’n mens gekeer word om jouself uit te druk, dit neem jou vrye wil weg en laat ’n mens se individualiteit verdwyn.

Dit begin by die verbod van die aanstootlike vlag, maar dit kan eindig by ’n Suid-Afrika vol robotte, wat beheer word deur ’n regering met die mag om al die reëls en wette te herskryf.

Dit maak voorsiening vir veranderinge wat gemaak kan word wat die hele bevolking of net sekere groepe kan beïnvloed. Dit kan verwoesting oor die hele land saai of dit kan weer daartoe lei dat net een groep ly.

Dit kan lei tot die ondergang van ’n vrye Suid-Afrika en kan die land in nog ’n soort “apartheid” dompel.

Na alles is dit nie wys om drastiese stappe te doen soos wat die stigting voorstel nie, omdat dit doodeenvoudig teen baie basiese beginsels van demokrasie gaan en dit gee oneindige mag aan ’n regering.

Dit begin by die verbod van die aanstootlike vlag, maar dit kan eindig by ’n Suid-Afrika vol robotte, wat beheer word deur ’n regering met die mag om al die reëls en wette te herskryf.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.