Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Paddle, sussie. Paddle. Paddle deur jou emosies'
Arinda Janse van Rensburg
Arinda Janse van Rensburg.

Grootword is nie vir sissies nie. Ek het altyd gedink ek gaan ’n grootmens wees en my sh*t semi-together hê. Ek is nie so seker of ’n ete vir een, ’n sad Westlife-liedjie en ’n glas wyn tel as together nie.

Ek is bevrees, ek is nes die ANC, alles behalwe op pad om enigiets binnekort “together” te hê. As ek nou so sit en myself jammer kry, besef ek ek het baie meer van hoërskool gehou, want daar het almal so half van my verwag om ’n totale flop van my lewe te maak en ek was heel content met daai idee. Ek het ’n absolute veer gevoel.

Ek dink iemand het eenkeer hardop gesê: “Ja, dom mense is die gelukkigste en dis hoekom Arinda so gelukkig is.” En hulle was reg, ek was blerrie gelukkig voordat ek begin dink het oor die lewe en ’n grillerige gewete begin ontwikkel het. Eeuw.

Êrens in die lewe gaan jy moet werk

Nou kyk, ’n storie is mos ook nou nie ’n storie as daar nie ’n sondebok is nie. So, ek moet my pa die sondebok maak in hierdie verhaal. My pa het altyd gesê dat die lewe baie soos branderplank ry is (dié dat ek so half gef*k voel, want ek kon nog nooit goed branderplank ry nie).

In elk geval, hy het gesê dat jy êrens gaan moet in paddle, wat gewoonlik die moeilikste deel is, om die lekker en perfekte golf te ry. In minder filosofiese taal beteken dit jy kan óf hard werk terwyl jy jonk is en energie het, óf jy gaan dit moet doen as jy oud en moeg is. Maar êrens in die lewe gaan jy moet werk.

In minder filosofiese taal beteken dit jy kan óf hard werk terwyl jy jonk is en energie het, óf jy gaan dit moet doen as jy oud en moeg is. Maar êrens in die lewe gaan jy moet werk.

Dit het my moerse geïrriteer toe ek jonger was, want dit is old school en wie sê ek gaan tot na 18 lewe, right? Got to live in the now, hello. Hy het duidelik nog nie genoeg tyd spandeer om inspirational quotes te lees nie. En hoe moet ek anyway weet wanneer ek hard wil begin werk? Ek weet nie eens wie ek is nie?

Ek moet mos nou eers myself gaan vind op ’n eiland, tan en minstens een #allabouttheyogalife foto neem. Dis nie net van paddle nie, Pa. Wie vind in elk geval hulself in moeilike omstandighede? Dis definitief ’n eilandvakansie-job daai.

Maar so kry ek toe ook soos enige amateur body boarder ’n moerse duik-teen-die-grond-vas-oomblik en kry ek ’n ongemaklike brander in my neus (dis daai amperversuip-gevoel).

En dinge wat my nog nooit gepla het nie, begin my toe nou pla, want tyd is ongelukkig nog altyd die dr*l in die drinkwater en ook nog altyd-altyd baas. En met dié duikslag het my uitkyk op die lewe aansienlik verander.

LEES OOK: Die realiteit van onafhanklik wees

En nee, nie in die manier wat ek ooit sou gedink het nie. Ek was gereed om met die eerste geleentheid met my tas en al op ’n vliegtuig te spring en om myself te gaan vind. Dankie tog ek het nie, want ek sou seker met groot teleurstelling myself steeds naby ’n pub, of soos my ma sal sê “drinkgat”, bevind het. Met ’n glas wyn, wat nou net ses keer duurder sou wees.

Maar soos ek nou vanaand hier sit en terugkyk, is ek moerse conflicted, geïrriteerd en vasgevang in ’n generasie wat ek nie verstaan nie. Of miskien verstaan ek net nie lekker myself nie. Miskien is ek besig om tonnelvisie te kry? Sh*t.

Gooi jou plante nat

Dit sal vir seker nie ’n populêre opinie wees nie, call me old fashioned of boring, maar I just don’t get it. En hier is hoekom (en ek gaan nou “jy” as ’n algemene verwysing gebruik, ’n tipe as-die-skoen-jou-pas-ding).

“Jy” is Miss Worldwide en besig om elke dag, vinniger as wat my wekker in die oggende afgaan, nuwe vriende te maak. New life, new me #ekkanniewagnie. Maar vir die laaste vyf jaar voor dit het jy nooit eens jou buurman leer ken nie.

Is jy regtig oortuig dat daai random persoon saam wie jy een bier gedrink het nou jou nuwe bestie is? Moenie dat ek eers begin met die koeie in die veld wat nou ook deel van “jou” vriendekring is nie.

Is jy regtig oortuig dat daai random persoon saam wie jy een bier gedrink het nou jou nuwe bestie is? Moenie dat ek eers begin met die koeie in die veld wat nou ook deel van “jou” vriendekring is nie.

Jy” is vegan en eet slegs kale en spinasie en jy vier 4/20, maar by elke trance party vat jy ses lyne coke. Because that sh*t is all natural. Mense moet tog net nie plastiek om jou gebruik nie, want “jy” gaan die oseaan red, maar jou bankie se plastiek was nog nooit eens ’n kwessie nie.

Gelukkig het “jy” daai post op Facebook geshare oor hoe ons eerder geld kon donate vir die oseane as vir die Notre Dame-katedraal. Definitief ’n vis of twee gered daarmee. Miskien moet ek en “jy” eerder die share los en ek my gemoan en ons ons plante wat op pad uit is, gaan natgooi. Ons almal het tog so een en dan kan iets darem daarby baat.

Dom mense is die gelukkigste

Ek glo nie ek is narrow-minded nie, maar ek is net so bietjie geïrriteerd met die hoeveelheid unicorns wat ek elke dag sien. Bevoorregte unicorns, soos ek, wat nie ’n clue het waaroor die lewe gaan nie. Unicorns wat bang is vir hard werk.

Unicorns wat se “live in the now” nie self-sustainable is nie. Oppervlakkige unicorns wat dink ’n Facebook share of like gaan hulle ’n beter mens maak. Unicorns met groot drome wat op banke of eilande afsterf. Dankie tog vir lenient ouers wat nie ons gatte skop nie.

Ek het onlangs ’n Ted Talk gekyk wat gebaseer is op ’n ondersoek oor generasies wat probeer bepaal het watter faktore in ’n mens se lewe lei tot “sukses” en “geluk”. Ek sit dit in aanhalings, want dit is relatiewe terme. Nie almal sien dit dieselfde nie.

“Sukses” en “geluk” gaan nie in jou skoot kom land nie. Paddle, sussie. Paddle. Paddle deur jou emosies, jou daaglikse klein stappies vorentoe en moenie dít wat waardevol is, verruil vir ’n quick fix êrens in Lalaland nie.

Emosioneel, spiritueel of loopbaangewys gaan jy nooit in goeie tye jouself vind nie. Hel, as dit goed gaan, is dink die laaste ding wat ek doen. Dáárom is dom mense die gelukkigste.

Ek wil nie ’n dr*l in die drinkwater wees nie, maar niks van die bogenoemde was ’n faktor nie. Dit het neergekom op goeie menseverhoudings wat gebou word op meer as een aand se lekker jol en worldwide travels.

Dit kom neer op verhoudings in jou eie gemeenskap, verhoudings met familie en goeie (klem op die goeie) vriende. Ek weet dis lekker om ’n unicorn te wees, maar moenie dat dit jou eendag aan die gat kom byt nie.

“Sukses” en “geluk” gaan nie in jou skoot kom land nie. Paddle, sussie. Paddle. Paddle deur jou emosies, jou daaglikse klein stappies vorentoe en moenie dít wat waardevol is, verruil vir ’n quick fix êrens in Lalaland nie.

  • Arinda Janse van Rensburg studeer B.Ed Hons (Inklusiewe Onderwys) aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus. Sy is ook 'n onderwyseres en kom oorspronklik van Langebaan.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees al die meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wil jy Die Student se nuusbrief ontvang? klik hier om op te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.