Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Pasop om 'n tropdier te word

Op 4 Januarie vanjaar stap ek opgewonde en vol afwagting vir ’n laaste keer in by my hoërskool om my finale eksamenpuntestaat te gaan afhaal.

Eduan Beukman
Eduan Beukman

Ná wat bloot as ’n administratiewe handeling beskou kan word, stap ek weer uit.In my regterkantse gesigsveld tref die werklikheid my toe ek die nuweling gr. 8’s (2019) sien wat reeds die ry by die klerebank volstaan. En met teleurstelling kom ek agter die worsmasjien hou nooit op nie.

Die matrieks van 2018 se tyd is verby, of dalk het dit nou eers begin.

Die realiteit is dat die huidige tussenfase ná hoërskool en voor die studentelewe wat nou in alle erns begin ’n emosionele wipplank is vir die meeste.

Die realiteit is dat die huidige tussenfase ná hoërskool en voor die studentelewe wat nou in alle erns begin ’n emosionele wipplank is vir die meeste.

Om met selfvertroue by ’n universiteit in te stap en met sekerheid te weet wie jy is, sal uiteraard die hele situasie vergemaklik.

Die lewe ná Plet

Hoewel ’n mens sal dink dat ná 12 jaar op skool enige student se identiteit darem al uitgesorteer is, is dié proses deesdae makliker gesê as gedaan.

So waarom verander hierdie tussenfase vir die meeste studente in ’n identiteitskrisis?

Van die redes is vriendekringe wat oornag verdamp tot net ’n WhatsApp-kommunikasiegroep, wat nou en dan ’n geluid op een of ander toestel maak.

Dan is daar hoërskoolverhoudings wat skielik moet eindig (as dié groot hartseer nie reeds voor Plett gebeur nie) met skole vol gebroke harte terwyl Liefie universiteit toe gaan.

Nog ’n rede waarom sommige tussengangers grootliks rigtingloos is, is ’n oormaat alkohol en selfs ander (verbode) middels.

Hoewel ’n mens sal dink dat ná 12 jaar op skool enige student se identiteit darem al uitgesorteer is, is dié proses deesdae makliker gesê as gedaan.

Ná die groot Plett-makietie is werklike vryheid vir die eerste keer deur vele ervaar.

En sodra daar eers vertel word hoe die Rage die beste tyd van iemand se lewe was, is dit ongelukkig reeds te laat.

Moet ook dan nie vergeet van waarskynlik die grootste struikelblok wat oorkom moet word nie: die leë nes-sindroom. Hierdie treurmare is gelukkig ’n groter kop- of hartseer vir die ouers as studente.

Nuwe hoofstuk

Saam met die onsekerheid oor wat nou, kom daar ’n snaakse verskynsel: die ontkenning van ’n sprokie. Sommige studente in die tussenfase soek na iets om dié toestand van onsekerheid te ontsnap.

Om byvoorbeeld rond te hang in die gimnasium vir etlike ure ’n dag gaan nie oornag ’n nuwe identiteit skep nie.

Deur verder verslaaf te raak aan sosiale media of om ooraktief te wees om nuwe koshuis- of studiemaats op te spoor, gaan ook nie help nie.

En asseblief tog, om die hoofkarakter te wees in ’n selfgeskepte hoërskooldrama, bloot omdat dit makliker is as die realiteit, is net so swak.

Hou op ontken. Jy ís nou ’n student. Jy ís nou groot.

LEES OOK: Universiteit: Is dit jou kans op ’n nuwe begin?

Uiteraard is vriendskappe belangrik en om lewenslange bande te beskerm maak heeltemal sin, maar as studente is dit nou ons voorreg om vir eens en vir altyd die hoërskool agter te laat en ’n nuwe hoofstuk te begin.

Die inleiding van die nuwe fase, of as jy wil die stert van die tussenfase, is ’n totaal ander verhaal, of altans komedie.

Dit is ’n grap om te sien hoe mense wat mekaar vir net twee uur ken op mekaar se Instagram-profiele stories rond hardloop, bloot ter wille van aanvaarding.

Die koring en kaf van ware vriendskap sal gelukkig vinnig geskei word as tye werklik moeilik raak en daar sal bepaal word wie ’n handjie gaan gee om te help.

Moet tog nie ’n tropdier word nie. Natuurlik is om “in” te wees lekker vir enigiemand, maar teen watter prys?

As ’n mens sosiale media so dophou en kyk na van die universiteite wat reeds begin het, met oornag “beste lewenslange vriende” kan ek nie help om te dink aan die aanhaling van Akira Kurosawa (Japannese filmregisseur) nie: “In ’n mal wêreld, is net die malles normaal.”

Moet tog nie ’n tropdier word nie. Natuurlik is om “in” te wees lekker vir enigiemand, maar teen watter prys?

Identiteit word nie oornag uitgedruk en opgeplak nie, dit word gevorm deur tyd, ervarings, mense en plekke.

Die beste tye lê nog voor. Al is jy onseker, moet dié energie omskep word in opwinding.

Voor ons lê ’n sprokie, en of die begin, middel en einde gelukkig of hartseer gaan wees, is alles in jou eie hande. Wel, dis maar waaraan ek vasklou . . .

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.