Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Pasop om Ramaphosa te onderskat
Reynard Marx
Reynard Marx

Nou die dag gaan ek Pulp Cinema toe in die Neelsie vir my gunstelingtyd van die dag – ’n koffie in die een hand en ’n goeie boek in die ander.

Die koffie was net warm genoeg en die boek se inleiding was maar so-so. Om my was ’n swerm kinders by ’n verjaarsdagpartytjie, die ouers het die plek uitgehuur vir die dag. Die kinders het geskree soos kinders maar maak, maar my oorfone het darem net genoeg van die geraas uitgedoof. Miskien moes ek skuif, maar ek is tans besig om op konsentrasie te fokus en dit het soos goeie oefening gevoel.

LEES OOK: 'Kom ons leen meer van mekaar se kulture!'

Toe kom die ergste: die singery. Die kinders het “Veels geluk, liewe maatjie” uit volle bors gesing, terwyl die verjaarsdagmaatjie, ’n seuntjie van nie ouer as vyf nie, met ’n ernstige gesiggie in die middel sit, verlig deur kersies. Toe die liedjie eindig, begin hulle tot my verbasing ’n verkorte weergawe van “Happy birthday” sing, asof dit al tradisie is om die Engelse weergawe ná die Afrikaanse een te sing.

Soos die liedjie klaarmaak, begin die seuntjie uiteindelik glimlag en skree: “En Xhosa?!”

Ek kon toe nie help om te glimlag nie. Die Xhosa-weergawe is net so hard soos die ander twee weergawes gesing.

Ons kom al ’n ver pad

Ek weet nie hoekom dit my verras het nie, ek dink dit is omdat die teenoorgestelde gebeur wanneer die volkslied by rugbywedstryde gesing word.

Ek dink ook die debat oor taal op kampus het my persepsie ’n bietjie verdraai van hoeveel moeite mense regtig doen om ander in te sluit. Dit het tyd gevat om hierdie denkwyse van inklusiwiteit in ons samelewing te vestig en ek dink ons het ’n ver pad om te stap.

Gedurende my tyd op die HK het ek ’n paar baie goeie ervaringe gehad, maar ook ’n paar slegtes.

Soos die kwartaal tot ’n einde kom, het ek myself al ’n paar keer gevra wat die waardevolste les is wat ek geleer het. Die antwoord, soos dit vir my lyk, is om nie mense te onderskat nie.

Soos die kwartaal tot ’n einde kom, het ek myself al ’n paar keer gevra wat die waardevolste les is wat ek geleer het. Die antwoord, soos dit vir my lyk, is om nie mense te onderskat nie. Ek is al te veel verras deur die loop van die jaar en moontlik vir al die verkeerde redes.

Aan die begin van die jaar het die HK saam met al die eerstejaars na die fliek Bohemian Rhapsody gaan kyk. Op pad na die fliek het ek gedink aan die moontlike reaksie wat daar op die homoseksuele tonele sou wees. Ek het gedink dat daar dalk spanning sal wees, moontlik ’n paar aanmerkings deur van die meer konserwatiewe ouens of deur dié wat nog nie so volwasse is nie.

LEES OOK: Die leuen van liberaal wees

Tot my verbasing, is daar net een aanmerking gemaak, maar dit is vinnig gesmoor deur die oorverdowende stilte van die ander. Selfs met die terugstap koshuis toe, was daar net positiewe opmerkings.

Hoekom het dit my so verras? Vooropgestelde idees is baie gevaarlik. Om iets of iemand te onderskat, kan net so gevaarlik wees, en in my geval, vernederend.

Ek is dikwels verkeerd bewys

Omdat ek in Engeland grootgeword het, het ek Suid-Afrika toe gekom met baie vooropgestelde idees. Soos die waarskynlikheid dit wil hê, is daar ’n paar wat waar is. Maar baie, die meeste, is heeltemal verkeerd bewys. Dit was asemrowend, letterlik.

Dit lyk asof daar ’n skeiding is tussen mnr. Cyril Ramaphosa en die res van die ANC. Hy word as ’n leier met baie potensiaal beskou, maar die party agter hom is duidelik nie opgewasse nie.

In die lig van die onlangse verkiesing, kan ek hierdie ervaringe vat en die denkwyse toepas op die ANC-regering.

Ek het al baie negatiewe kommentaar oor die ANC gehoor in my tyd op Stellenbosch. Dit lyk asof daar ’n skeiding is tussen mnr. Cyril Ramaphosa en die res van die ANC. Hy word as ’n leier met baie potensiaal beskou, maar die party agter hom is duidelik nie opgewasse nie.

Dit is moontlik so, maar kom ons onderskat nie mnr. Ramaphosa se ingesteldheid wat hy al in sekere aspekte van sy leierskap gewys het nie.

Tydens die onlangse verkiesing het oudpres. FW de Klerk self op die radio gesê dat Suid-Afrika se toekoms nie so donker lyk nie – daar is ’n lig aan die einde van die tonnel, as mnr. Ramaphosa net by sy beloftes bly.

Tydens die onlangse verkiesing het oudpres. FW de Klerk self op die radio gesê dat Suid-Afrika se toekoms nie so donker lyk nie – daar is ’n lig aan die einde van die tonnel, as mnr. Ramaphosa net by sy beloftes bly.

Hy kan dalk deur diegene onder hom beïnvloed word, maar dit gaan tyd neem om al die korruptes uit te werk.

Hy het dalk nog nie veel hieraan gedoen sedert hy aan bewind gekom het nie, maar ons moet hom en die nuwe regering tyd gee. ’n Tweede kans.

Kom ons kry ’n nuwe ingesteldheid, kom ons onderskat hom nie.

  • Reynard Marx (21) studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook huiskomiteelid van die koshuis, Simonsberg. Hy het in Londen, Engeland groot geword.
  • Hierdie meningstuk is oorspronklik in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Om die Engelse weergawe te lees, klik hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.