Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Plaasmoorde: 'Onthou melk kom nie uit 'n boks nie'
’n Man betoog as deel van die boeregroepe en hul ondersteuners teen plaasmoorde. Foto: Mlungisi Louw

Ek wou nog nooit regtig oor politieke onderwerpe skryf nie. Ek weet te min daarvan. En terselfdertyd is ek ook soms bang vir al die mense se wrede kommentaar ná die tyd.

Maar vandag kan ek nie meer stilbly nie, en as iemand ’n eier wil lê, is dit ook maar reg.

Ons leef in ’n samelewing waar geweld en misdaad genormaliseer word. Iewers langs die pad het ons sin vir reg en verkeerd verdwyn. Word ’n vrou verkrag, is die vraag gewoonlik watter klere het sy gedra? Word daar ingebreek by ’n huis, is die vraag is daar ’n alarmstelsel? En so kan die lys aangaan.

Ek is briesend oor die onlangse gebeure in ons land. Ons almal probeer elke dag oorleef, veral die mense wat deur plaasaanvalle geraak word.

Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg?

Anri Basson
Anri Basson

Gaan dit eers wees wanneer die laaste boer vermoor is, en gaan mense uiteindelik besef dat melk nie uit ’n boks kom nie?

Dit gaan my verstand te bowe dat daar Suid-Afrikaners is wat nie ontsteld is oor die plaasmoorde nie en die manier waarop die boeregemeenskappe en hul werkers hanteer word. Die onskuldiges wat geesdriftig en hardwerkend is, word daagliks gemartel en vermoor en niks word daaraan gedoen nie. Dit moet stop!

Plaasmoorde raak ons almal, ongeag die boer, die werkers en jou velkleur. Dit gaan nie oor ras nie, dit gaan oor mense se lewens, mense wat langer as 12 ure ’n dag werk om seker te maak dat ons land vleis, groente en vrugte en nog meer kan hê. Dat elkeen van ons kos op ons borde kan hê elke dag.

Dan wil ek nie eens praat oor die sogenaamde influencers op sosiale media nie (wat besluit het om stil te bly daaroor). Ek is so teleurgesteld. Julle sal letterlik oor enige gebeure in ons land en in die wêreld plasings maak behalwe oor jul mede-Suid-Afrikaners? Is julle bang julle verloor volgelinge? Of daardie borge vir grimering? Ek weet nie waarom julle dit nie doen nie, maar dis ons land se mense. Dit is lewens wat saak maak.

Sonder boere in ons niks. Boere kyk na ons land wanneer dit moeilik gaan. Hoekom kan ons nie na die boere kyk wanneer hulle swaarkry nie?

As dit is hoe dinge nou gaan lyk, hoe gaan dit nie vir ons toekomstige Suid-Afrikaners wees nie?

Deesdae voel dit asof daar soveel vryheid om ons is:

  • Vryheid om te steel;
  • Vryheid om te verkrag;
  • Vryheid om te vermoor; en
  • Vryheid om haat en jaloesie te versprei.

Ons as Suid-Afrikaners moet almal saamstaan om Suid-Afrika ’n beter en veilige plek te maak om in te bly.

Boere en plaaswerkers se lewens maak almal saak. Ek bid vir ons boere. Ek staan 100% saam met almal wat geregtigheid soek vir al die gruwels wat elke dag in ons land gebeur. Dit is die minste wat ons vir ons hardwerkende boere kan doen.

  • Anri Basson (24) studeer BCom finansiële bestuur aan Unisa. Sy het grootgeword op Bloemhof, ’n plattelandse dorp in Noordwes.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.