Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Plaasmoorde: Wat kan ons nou eintlik doen?

’n Jong man betoog buite die hof in Hartswater waar vyf verdagtes verlede week verskyn het in verband met die moorde op die Brand-egpaar, Dan (83) en Breggie (73), en hul dogter Elzabie (54). Hulle is op die egpaar se kleinhoewe buite die dorp aangeval, ontvoer en later vermoor gevind. Dié jong man het later op ’n muurtjie buite die hof geklim en luid uitgeroep “Stop hierdie plaasmoorde. Alle lewens maak saak.”Foto: anena burger

Wanneer gaan die bloeddorstigheid einde kry? Hoeveel boere moet nog sterf voordat die boerderygemeenskap se stemme gehoor word?

Hoe staan almal net en toekyk hoe soveel boere omkom, en wat kan ons nou eintlik daaraan doen?

Ek sit vandag en dink oor al die hartseer wat die dood van ’n boer vir mense bring. Die feit is dat saam met ’n boer wat sterf, sterf ’n deel van sy familie ook. Saam met ’n boer wat sterf, sterf sy grond. Saam met ’n boer sterf ’n deel van ons ook!

Hoeveel keer nadat ons hoor van ’n plaasmoord, vertel ma vir pa om eerder die geweer met hom saam te dra, of word die stappe wat gevolg moet word in ’n noodgeval by boetie en sussie se kop ingedril? Hoeveel keer ná die nuus van ’n plaasmoord staan almal van ons in die gang gereed met ons wapens as daar ’n vreemde geluid van buite kom, of spring ons gereed om ons honde te dokter want Vlekkie lyk vanaand ’n bietjie siek?

Gemma Niemand
Gemma Niemand

Ek voel so magteloos as ek luister na die gedreun van stemme wat praat oor al ons land se plaasmoorde. En teen dié tyd het die gevoel van magteloosheid al ’n huis gemaak in almal se harte en gedagtes, want wat kan ons nou eintlik doen?

Hoe verhoed ’n mens ’n plaasaanval? Wat kan ek as ’n student doen? Hoe weet ons wie loop rond met die volgende bloeddorstige planne en hoe weet ons wie is die volgende slagoffer?

Hierdie is nie ’n meningstuk nie, maar ’n “vraagstuk”. Vrae waarmee ek elke dag rondloop en vrae wat al algemeen in ons kombuistafelgebede is.

Die feit van die saak is, nie net boere word hierdeur geraak nie, nie net mense wat op plase bly is meer bang nie. Almal van ons loop nou rond met die plaasaanval-letsel en almal het nou ’n nêrens-is-ek-meer-veilig-nie-mentaliteit.

Verskeie optogte is al gehou en versoekskrifte onderteken, en steeds gebeur niks. Hoe kan ons land vorentoe beweeg en heel word as soveel vrae onbeantwoord bly en soveel mense nog seerkry?

Vandag vra ek die verantwoordelikes, want ek soek antwoorde. Wat moet ons doen om ons boere en hul mense te beskerm, want ek en my land is raadop.

  • Gemma Niemand studeer BA regte met sielkunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy het in Louis Trichardt en Belfast grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.