Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Plett Rage: 'Dís wat ek gesien het'
Heinrich Anderson
Heinrich Anderson.

Hierdie is ’n vraag wat dalk aan talle matriekleerlinge deur die loop van die vakansie gevra sal word.

As jou antwoord “ja” is, sal die vraer op een van twee maniere reageer. Of hulle sal ’n skelm glimlag op hul gesig laat wys en sê: “Dit was lekker, nè”, of hulle sal hul wenkbroue in ’n afkeurende wyse lig en vra “Wat het jy gesoek by daardie suipfees?”

Ek was by Plett Rage.

Nou wonder ek, hoekom is mense se menings oor die fees só verskillend?

Aan die een kant van die spektrum word Plett Rage gesien as die lig aan die einde van ’n vyf jaar lange donker hoërskool-tonnel. Aan die ander kant word dit beskou as ’n opsomming van alles wat fout is met vandag se jeug.

Ek voel ek kan myself vereenselwig met albei hierdie idees – ek het myself terdeë geniet by Plett Rage, maar ek verstaan ook dat dit vir sommige mense kommerwekkend kan wees.

Dit gebeur maar orals

Daar is twee kante van die Plett Rage-storie. Daar is baie dinge wat Plett Rage so aanloklik maak vir matrikulante.

Dit is regtigwaar ’n lekker viering van nuwe vryhede. Die atmosfeer onder die studente is baie positief en daar is niks vreemd daaraan om uit die bloute ’n vreemdeling te bevriend nie.

Om saam met goeie ou pêlle te kuier sonder ’n gesagsfiguur wat perke stel, is ook baie bevredigend.

Dit beteken nie dat die studente nie elk vir hulself die een of ander vorm van perk stel nie – dit is net lekker om self op daardie perke te besluit. Dít is dalk wat baie ouers bang maak – hul kinders moet nou vir hulself besluite neem.

Na my tyd by die fees weet ek ook nou presies hoe dagga ruik wanneer dit gerook word en ek en verskeie van my vriende is ’n paar sterker dwelms aangebied.

By Plett Rage is daar baie elemente wat lei tot die besluite wat geneem moet word. Daar is vir dié een week genoeg drank om die Wes-Kaap se inwoners deur hul droogte te dra.

Na my tyd by die fees weet ek ook nou presies hoe dagga ruik wanneer dit gerook word en ek en verskeie van my vriende is ’n paar sterker dwelms aangebied.

In van die studente se dronk toestande was dit vir hulle net nodig om ’n paar sinne se gesels in te kry, en dan het hulle in die middel van die feesgronde gestaan en . . .

Soos ek sê, daar moet besluit word waarvoor ja en waarvoor nee gesê word.

Ek vermoed dat dit gebeure soos dié is wat sekere mense sterk kantel teen die fees.

In alle eerlikheid pla geen van hierdie dinge my té veel nie – nie dat ek sal deelneem enige van hierdie aktiwiteite nie, want ek het dit ook nie by Plett Rage gedoen nie.

Solank dit alles net rondom my gebeur, en ek nooit gedruk voel om deel te neem aan enigiets waaraan ek nie wil deelneem nie, kan ek nie enige skade daarin vind nie. Oor die wêreld heen is daar studente wat drink en dwelms gebruik, onverwags swanger raak en allerhande ander dinge aanvang.

Dis nie net by Plett Rage nie

So, hoekom raak almal so opgewerk oor hierdie een week waar hierdie dinge, wat in elk geval die heeltyd gebeur, gebeur?

Ek dink die punt van my storie is dit: Daar gebeur niks by Plett Rage wat nie buite Plett of selfs onder volwassenes ook gebeur nie.

Die persoon wat by Plett dalk dinge te ver neem wanneer hulle kuier, sal heel moontlik ook die persoon wees wat oor 20 jaar sal dronk raak by die werksfunksie aan die einde van die jaar. Wat sommige tieners doen by Plett sou hulle in elk geval een of ander tyd doen.

In van die studente se dronk toestande was dit vir hulle net nodig om ’n paar sinne se gesels in te kry, en dan het hulle in die middel van die feesgronde gestaan en . . .

Ek dink nie dat Plett veel verander aan ’n 18-jarige se morele waardes nie.

Wat die person in hul binneste bereid is om te doen, sal hulle doen. Dit wat hulle nie wil doen nie, sal hulle nie doen nie.

Een van my beste vriende het die hele week dronk en sonder slaap deurgebring, want dit was sy plan van die begin af en dit is ’n keuse waarmee hy gemaklik is.

Dit is sy reg om so te besluit.

Ek het my tyd in Plett heeltemal nugter deurgebring, want my oortuiging is maar net dat ek nie drank nodig gehad het om my tyd daar te geniet nie.

Veral nie wanneer daar meer as genoeg dronk mense daar was om dinge interessant te maak nie. My vriend het my glad nie gedwing om saam te drink nie en ek het hom glad nie gedwing om nie te drink nie.

Teen die tyd wat ’n kind by Plett uitkom, is hul idees oor baie dinge reeds gevorm. Plett Rage is maar net ’n katalisator vir hierdie idees en waardes om in aksies omgeskakel te word.

Net soos 12 jaar gebruik is om die beste moontlike matriekpunte te behaal, is 18 jaar toegeken daaraan om studente voor te berei om wyse lewenskeuses te maak.

Ek kan myself indink dat dit vreesaanjaend vir ouers is, maar julle sal in albei gevalle maar moet sit en wag vir die resultate.

  • Heinrich Anderson (18) het pas aan die Hoërskool Stellenberg gematrikuleer. Hy gaan volgende jaar BCom Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy kom van Durbanville.
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.