Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Rassisme is nog aanvaarbaar om die braai'
Mizanne Hattingh
Mizanne Hattingh

“Satanskinders,” dit is die term wat onlangs deur ’n Facebook-tannie gebruik is om die “libs” te beskryf. Dis vir my baie interessant hoe mense wat meer liberaal van aard is aangeval word deur hierdie kreatiewe woorde uitgedink deur die meer konserwatiewe kant.

Dis “libtards”, “libterte” (ek gaan nie jok nie, ek geniet daardie een heelwat), en allerhande woordjies om die mense te affronteer.

Hierdie selfde mense wat aan hierdie woordjies dink, is dieselfde wat vreeslik in die gesig gevat voel wanneer jy sê dat jy byvoorbeeld ’n feminis is – “ ’n teef wat mans haat,” nie waar nie? Dan word daar vertel hoekom jy nou glád nie so moet redeneer nie, sommer net daar aan die etenstafel. Dis dieselfde mense wat aandring op die geldigheid van hul opinie, maar baie verdedigend en gewoonlik heel ongeskik raak as jy durf verskil van hulle.

Ek het al op skool geleer om koelkop te bly. Mense het my nooit ernstig opgeneem nie, eerstens omdat ek nog nooit werklik deel gevorm het van die trop nie, en ook omdat ek vreeslik uitgesproke was.

Ek het geleer om nie ontsteld te raak as ek van iemand verskil nie, en net te antwoord in gevalle waar die persoon werklik in ag sal neem wat jy sê en jou nie net probeer uitlok nie.

Ek het geleer om nie ontsteld te raak as ek van iemand verskil nie, en net te antwoord in gevalle waar die persoon werklik in ag sal neem wat jy sê en jou nie net probeer uitlok nie.

Ek het al talle kere op ’n rustige manier aan mense gevra om my opinies en gevoelens oor die wêreld te respekteer omdat dit die agterkant van ’n grap word vir dié met ’n paar klappe weg. Woorde wat al deur iemand by ’n braai aan my gesê is; “kom ons kyk wie down vinniger – die feminis of die rassis”.

As daardie woorde nie vir jou skokkend is nie, het ek nuus – jou wêreld is deurmekaar en onderstebo en daar is iets in jou hart wat nie heel is nie. Daar is iets in jou hart wat haat en om die eerlike waarheid te sê iets wat in jou kop nie reg klop nie. Ek bring onder gewone omstandighede nie my manier van dink in ’n gesprek op nie, ek het al agtergekom dat rassisme meer aanvaar word om ’n braaivleisvuur as die opstand daarteen, so ek raak stil of loop weg.

Daar is wel altyd een of ander iets wat my weggee, of ’n vriend of vriendin wat die res waarsku om hul woorde te tel, of ’n gesigsuitdrukking wat duidelike ongemaklikheid en soos die Engelsman sal sê, disgust, toon. Dan word die aandag na my gedraai. Mense probeer om my uit te lok. Ek’s mos die lib. Want dis so verkeerd om in aanvaarding te glo. Dis so verkeerd om te glo dat elke mens ’n kans verdien en dat jou rassisme onaanvaarbaar is.

Ek lees nou die dag ’n stuk deur een van die studente, dit het gedui op iets soos – “rassisme is nie weg nie, dis net geprivatiseer”. Hoe skokkend is dit nie? Dat dit nog steeds oukei is om een of ander ongevraagde stuk snert by ’n braai kwyt te raak.

LEES MEER: Wat beteken feminisme vir jou?

Ek verwag dat hierdie stuk van my mense vreeslik gaan affronteer. Ek dink anders, glo anders. Ek sit my woorde dalk beter bymekaar. En gewoonlik probeer ek my bes om nie mense in die gesig te vat nie. Maar vandag is ek moeg om fyn te trap, om versigtig om mense se argaïese ideologieë te trap wat nie ’n flenter oor myne voel nie. En jy wat dink ek’s die snowflake, kyk gerus in die spieël.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.