Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Realiteit ná studiejare geen grap
Nicci Claassen

Dit gee my hartkloppings om die arbeidsmark ná drie of vier jaar op universiteit te moet betree.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het ons land se werkloosheidsyfer ’n rekordpersentasie van 32,6% in die eerste kwartaal van 2021 gehaal.

Dis vandag nie meer goed genoeg om ’n graad te hê nie.

Uit die aard van die saak is ’n honneursgraad in die meeste studierigtings eenvoudig net ’n móét sodat jou eintlike graad iets kan beteken.

Dit is reeds stresvol vir ’n student om hoë punte te behaal of te handhaaf, en die ingesteldheid van ouers wat prestasie gedrewe is, help nie veel nie.

Baie ouers vergeet dat ’n mens nie so maklik met lof slaag op universiteit soos toe jy op skool die A’s kon inryg nie. Baie ouers plaas geweldige druk op hul kinders om te presteer.

Dalk is ouers onkundig daaroor dat ’n mens nie soos 30 jaar gelede net by ’n werk instap nadat jy jou graad behaal het nie. ’n Goeie werk vereis deesdae minstens drie tot vyf jaar se ervaring.

’n Mens moet maar onder aan die leertjie met klerkskap, internskap of boekhou-artikels begin.

Dit is nie meer so maklik om die werksmag te betre
Dit is nie meer so maklik om die werksmag te betree nadat jy studeer het nie. Foto: Unsplash

Almal het al gehoor van “deur is presteer” en “51% beteken jy skeep jou vriende af”.

Ons lag lekker hieroor in die koshuisgange, maar dit kan maklik ’n suur nasmaak in die kiewe laat wanneer ’n mens nie eens 50% vir jou eerste belastingvraestel kon behaal nie.

Paniek word baie vinnig gesaai in jou finale jaar wanneer dosente op die eerste dag sommer ’n hele hoofstuk net so afhandel. ’n Mens besef ewe skielik dat die kinderspeletjie verby is. Net so begin jy twyfel in jou vermoëns en jy wonder of jy in die korporatiewe wêreld gaan oorleef.

Hoewel ’n mens op universiteit ’n proesel van die regte lewe kry – soos hoe om werk, jou sosiale lewe, gesondheid en geestelike welstand te balanseer – lê die harde werklikheid van die grootmenswêreld nog voor.

Dit is wanneer jy nie ’n klas later kan opvang nadat klein Saterdag ’n bietjie meer verwoestend was as wat jy beplan het nie.

Wanneer Mamma en Pappa nie ’n ou ietsie ekstra gaan oorbetaal vir ’n koffietjie op kampus nie en jy werklik geen genade van jou werkgewer gaan ontvang nie.

Die waarheid is dat uitnemendheid redelik min met akademie te doen het.

Die eerstejaars vra gereeld vir my wat my wenresep tot akademiese sukses is. Die waarheid is dat uitnemendheid redelik min met akademie te doen het.

Die feit dat jy gekeur is vir jou kursus, beteken die meeste van die tyd dat jy reeds bekwaam is om die werk baas te raak.

Dit is eerder belangrik om ’n gebalanseerde mens te wees. Maak genoeg tyd vir ’n wyntjie saam met vriende, bly aktief en eet gesond, omring jou met mense wat ook positief is en hard werk, en wees genadig met jouself – ’n mens maak foute en jy leer daaruit.

’n Goeie vriend het onlangs vir my gesê: “Moenie dat die nostalgie van studentwees jou nou al oorval nie, geniet waar jy nou is en doen wat jy kan.”

Om ’n bietjie verlore te voel nadat jy klaar geswot het, is nie vreemd nie. As jy werklik ’n sukses wil maak van jou loopbaan, is die goeie outydse manier om skouer aan die wiel te sit die paadjie om te loop. Glo in jouself, werk hard en jy sál die vrugte daarvan pluk.

  • Claassen is ’n finalejaarstudent in BCom-rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Mening  |  Afrikaans  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.