Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Red ons land van die skelms
Arinda Janse van Rensburg.

Beste Cyril,

Ek stel my graag voor as ’n kaalvoetkind van Suid-Afrika wat lewe vir die humorsin van die land se hartsmense, wat elke dag opstaan met bewondering oor hoe mooi die land van ons is. En ek raak elke oggend dankbaar wakker dat ek darem met my amper non-existent salaris ook ’n goeie bottel wyn kan bekostig wat my al deur resessies, depressies, ekonomiese onheil en teleurstellings van die land ondersteun het.

Ek bly hier op Malmesbury, waar ’n mens maar liefs moet deurjaag, want as jy te lank stop, dan mag ’n boer jou dalk net vra om te trou.

Na my mening is dié plek net vir hierdie rede lewensgevaarlik. Ek het onlangs ’n artikel gelees waarin ’n vrou van mening was Suid-Afrikaners is gemaak om gebreek te word en weer op te staan. Dit is seker alles te danke aan Nando’s wat ons dwing om ná elke embarrassing glipsie te lag en dan weer soos tieners ook net oor dit te kom.

Ons is nie fyngevoelig nie en om daardie rede sal ek nie doekies omdraai nie. Soms moet ’n mens dit maar sê soos wat dit is, en dit vat soos wat dit kom, né? Dis nou ’n eie les wat ek in dié land geleer het.

Meestersgraad in kla

Ek wil nie kla nie, want dis so overrated. Almal kan dit doen.

Dit wil vir my ook voorkom asof dit al is wat die meeste mense doen.

Bestee een dag op ’n Facebook-groep en dit is bevestig. Almal het ’n meestersgraad in kla.

Dit is seker ook maar hul reg want kyk, hier is nou vir jou ’n kleinhuisie vol goed om oor te kla: Van belasting tot die feit dat hier gediskrimineer word teen mense sonder kuite wat nou moet fiets trap werk toe as gevolg van die hoë petrolprys.

Hoe durf hulle?

Soms moet ’n mens dit maar sê soos wat dit is, en dit vat soos wat dit kom, né? Dis nou ’n eie les wat ek in dié land geleer het.

Weet hulle watter klas bult tussen my huis en my werksplek lê? Nee. Ek wil eerder verstaan. Want ek kop dit nie so lekker nie.

Dis iets wat die Weskus-mense sal noem ’n breinbreker.

In ’n sin sal dit soos volg gebruik kan word: “Weet jy my tjom, dit wat in dié land aangaan is nou vir jou ’n breinbreker.”

Hoe is dit dat skelms ons kinders se toekoms vermink, al laggende met hul tonge uit waar hulle na hul “headquarters” toe gevat word om nog ’n slagoffer se naam op hulle bors te laat tatoeëer? Waar skelms, verkragters en moordenaars warm slaap – magies vol, ogies toe – maar die toekoms van die land, die kinders, slaap honger en koud.

Hoe is dit dat as ek die nuus aanskakel, daar gebroke families staan omdat hul kinders se toekoms vermink is met die dood?

Hoe is dit dat ons superheroes, of sal ek sê oorgewig polisiemanne, met die meeste bloed op hul hande loop? Hulle wat die “crime under control” moet hou, maar wat seker die “f*ck the police”-tattoos van die talle verkragters in die tronke borg.

Ek is nou nie ’n fitness fanatic of kenner nie, maar my logika sê vir my dat jy nie met ’n KFC-hoenderboudjie in die een hand en jou laaste bribe in die ander hand my nie kan beskerm nie. En dan sal ek maar niks sê oor die ekstra 30 kg wat nog agterna moet bons nie.

Is daar nie iets soos ’n keuringsproses nie? Of ’n tipe belaglike vereiste soos wat my basiese en nou ook nuttelose graad van my verwag het om aan te voldoen nie?

Red ons land van die skelms

Om eerlik te wees, is ek redelik gatvol vir die politici wat geld verduister vinniger as wat die res van ons geld kan verdien, en vir partye wat nie eens hul eie sirkus kan run nie.

Moenie dat ek eers begin met die privileged kids wat plekke afbrand omdat hul gevoelens seergemaak is nie. Ek is maar net ’n onderwyser wat vra dat ons in die toekoms van ons kinders en jeug sal belê. Dat ons die land opbou met dié wat nog hoop het, dié wat ons leer om nuuskierig te bly, dié wat ons leer van kindwees en droom, en dié wat nie kan onderskei tussen klas, ras, vegan of non-vegan, geslag en al die ander goed waarmee ons ons tyd mors nie.

Ek kan aan geen rede dink waarom ’n kind honger en haweloos moet gaan slaap, maar ’n skurk kan knus in die tronk vertoef nie.

Ek kan aan geen rede dink waarom ’n kind honger en haweloos moet gaan slaap, maar ’n skurk kan knus in die tronk vertoef nie.

Is dit onredelik om te vra dat voorskoolse opvoeding ’n prioriteit moet word? Of dat alle kinders ten minste die gelyke geleentheid moet kry om sy/haar skooltake in te gee en ondersteuning met huiswerk kry? En nee, dan bedoel ek nie by die onnie wat daar sit vir ’n coke en pie elke dag wat soos ’n luis klou aan WKOD-poste wat hulle nie eens verdien nie.

Dít is nou ’n ander breinbreker, want hoe land mense wat so onbekwaam is in ’n posisie met die vermoë om kinders te maak of te breek?

Liefste Cyril, ek vra jou mooi: Get on with being a lekker South African president and get on with saving this country by giving the skelms the boot!

En met skelms bedoel ek elke Suid-Afrikaner wat teer op kinders, vroue, oumense en die baie gemaklike en gebroke stelsel wat mense in hul eie slegtigheid sterk.

Groete,

’n Apparently crazy Suid-Afrikaner wat nog glo in die toekoms van die land en wat nie in ’n ander land wil gaan bly nie.

  • Arinda Janse van Rensburg studeer B.Ed Hons (Inklusiewe Onderwys) aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus. Sy is ook 'n onderwyseres en kom oorspronklik van Langebaan.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se kompetisie, Beste Cyril... Vir meer inligting oor die kompetisie, klik hier.
  • Lees al die inskrywings hier.

Is jy 'n student en wil jy R5000 wen? Klik hier.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.