Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Regering se foute moet Cyril se leerskool wees

Geagte pres. Ramaphosa

Ons weet albei die Suid-Afrikaanse samelewing is uiteenlopend en divers.

Om die uitdagings waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word te pak, is nie kinderspeletjies nie, veral omdat ons samelewing een van dié is waarin die meeste ongelykheid ter wêreld voorkom.

Volgens my weet min mense hoe om die kwessies op te los en die enigste antwoord waaraan ek kan dink, is tyd.

Dis ongelukkig die een ding wat ons in Suid-Afrika nie het nie. Tyd is noodsaaklik vir die totstandkoming van ’n ordelike samelewing.

Tyd is noodsaaklik vir die totstandkoming van ’n ordelike samelewing.

Baie Suid-Afrikaners is ongeduldig omdat die regerende party verskeie beloftes aan hulle gemaak het en gesê het hy gaan die lewensgehalte van swart Suid-Afrikaners verbeter.

Ek studeer die afgelope drie jaar openbare bestuur en regeerkunde en het besef geen regering kan doeltreffend funksioneer met ’n onstabiele samelewing nie.

Seymour Bothman
Seymour Bothman

Ek wil deur middel van my brief idees uitlig wat ek dink die land vir al sy inwoners ’n beter plek kan maak.

Sedert 1994 is makro-ekonomiese programme in Suid-Afrika in werking gestel, van die geïntegreerde ontwikkelingsplan tot die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP, 2030), met nog programme tussenin.

Realistiese voorspellings

Die NOP se voorspellings vir die land is onrealisties en die regering sal realistieser voorspellings moet maak wat ons mense tot voordeel sal strek.

Ons land het die afgelope paar jaar meer van ’n maatskaplike demokrasie geword, wat ’n goeie ding is.

Maar kan ons maatskaplike toelaes en ander praktyke wat deel is van so ’n demokrasie bekostig? In ’n maatskaplike of sosiale demokrasie word mense se lewensomstandighede en -gehalte verbeter. Hoe kan ons dit vermag?

Ek glo elke politieke stelsel het sy voordele.

In ’n meer kapitalistiese omgewing sal daar meer werkskepping wees en ’n sosialistiese uitkyk kan weer die onderwys- en gesondheidsektore ’n hupstoot gee. Kuba is ’n goeie voorbeeld hiervan.

Ek dink dat ’n gemengde stelsel tot meer gelykheid in ons samelewing kan aanleiding gee, een waarin Suid-Afrikaners gesondheidsorgvoordele geniet en ’n goeie onderwysstelsel het.

LEES OOK: Beste Cyril, ons moet almal begin opoffer

Suid-Afrika is by ’n kruispad en die volgende paar maande kan uiters belangrik wees veral omdat ons aan die vooraand is van die nasionale verkiesing in 2019.

Die ANC as regerende party gaan in ’n stryd gewikkel wees om sy tweederdemeerderheid in die parlement te behou. Ek het gesien hoe ’n koalisieregering op plaaslike en nasionale vlak baie suksesvol in Duitsland is.

Magsbalans is dus deurslaggewend vir die behoud van ons demokrasie, vir enige demokrasie, om die waarheid te sê.

Ek hoop Suid-Afrika het in die nabye toekoms ook ’n koalisieregering, maar kan nie dink dat dit in die volgende twee verkiesings sal gebeur nie.

Koalisieregerings op provinsiale vlak blyk ’n meer bereikbare doelwit te wees.

Die grootste voordeel van ’n koalisieregering is dat die magsbalans beter bestuur word, maar dit neem langer vir die inwerkingstelling van wetgewing en beleide.

LEES MEER: Reik na die sterre, maak foute en leer soveel jy kan

Magsbalans is dus deurslaggewend vir die behoud van ons demokrasie, vir enige demokrasie, om die waarheid te sê.

My hoofidee oor ons politieke stelsel is dat ons by ander lande moet leer en dat ons doeltreffende beleide in werking moet stel sodat almal ’n beter lewe het.

'n Gebalanseerde samelewing is belangrik!

Ek wil weer klem daarop lê dat ’n gebalanseerde samelewing uiters belangrik is.

Deur, byvoorbeeld, ’n goeie onderwysstelsel kan baie probleme blootgelê word. My pa is ’n onderwyskenner en was self ’n onderwyser.

My hoofdoelwit is om my mede-Suid-Afrikaners te help. Ek studeer openbare bestuur sodat ek menselewens kan verbeter.

Ek het baie by hom geleer, veral die uitdrukking: “Dit begin tuis!” Daarom dink ek dit wat in ons strate gebeur is ’n weerspieëling van dit wat in die meeste Suid-Afrikaanse huishoudings gebeur.

My hoofdoelwit is om my mede-Suid-Afrikaners te help. Ek studeer openbare bestuur sodat ek menselewens kan verbeter.

LEES OOK: Beste Cyril, ek is bang...

Ek wens meer Suid-Afrikaners dink soos ek, want vir my voel dit asof baie van ons mense hulself net wil verryk wat aanleiding tot hoë vlakke van korrupsie gee. Al is dit nie maklik om te doen nie, is alles moontlik as ’n mens hard werk.

Daar is baie negatiewe goed wat in Suid-Afrika gebeur, amper te veel om op te noem, maar dit help nie ons fokus op die negatiewe nie.

Ons moet eerder uit die foute leer wat die regering gemaak het.

Groete

Seymour Bothman

  • Seymour Ulrich Bothman studeer BA Openbare- en Staatsbestuur aan die Noordwes-Universiteit. Hy kom oorspronklik van Randburg in Johannesburg.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.