Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Renosterstropery: Alles in die naam van 'goeie seks'
Colette Combrink
Colette Combrink

Renosterstropery het al so ’n afgesaagde saak geraak.

Ons weet renosters word gestroop in hulle duisende (naby 800 net in 2018). Ons weet dat renosters in elke kleur en geur ’n bedreigde spesie is. Ons weet dat die bekamping van stropery ’n uitsonderlik moeilike taak is, en dat dit baie maal met een of ander vorm van korrupsie gepaardgaan.

Jy hoor gereeld dat veiligheidsbeamptes of veeartse of wildbewaarders deel van die sindikate vorm. Dis ’n hartseer ironie dat dit juis die mense is waarin ons ons vertroue plaas om bedreigde spesies te beskerm.

Jy hoor gereeld dat veiligheidsbeamptes of veeartse of wildbewaarders deel van die sindikate vorm. Dis ’n hartseer ironie dat dit juis die mense is waarin ons ons vertroue plaas om bedreigde spesies te beskerm.

Dit strek alles wel verder as renosters. Leeus en olifante en die rivierkonyn en uile en nog emmers vol ander diere en voëls loop die gevaar om afgemaai te word.

Dan nog nie eens gepraat van die onetiese aanhouding en mishandeling van diere vir “barrel hunting” of selfs net “shame, sodat die kindertjies hulle kan sien” nie.

Kinders volg ouers se voorbeeld

Die stropery gebeur weens verskeie redes. Soos meeste van ons weet vir die Chinese medisynemark, maar ook weens inheemse bygelowe in verband met hierdie diere. In meer gevalle as waarmee ek kan tred hou of wat vir my sin maak, gaan dit doodeenvoudig oor seks.

Ja, die mens kan so banaal wees dat volledige spesies uitgeroei word in die naam van “goeie seks”.

LEES OOK: 'Help ons om die aarde te red'

Nietemin bly dit ’n probleem om dit te bekamp, en hierdie skrywe is nie om geld in te samel vir my plaaslike beskermingskema nie (maar asseblief ondersteun mense wat werklik ’n verskil probeer maak, ek kan selfs aanbevelings maak as jy vra), maar eerder om te smeek dat ons dink oor ons aksies en keuses rondom die verhouding tussen diere en menslike gewin.

Myns insiens begin dit alles by ons kinders.

Maak ons kinders groot om die slimste en vinnigste moontlike uitweg of geldmaakskema te soek, of om eerlik op te tree, maak nie saak wat die nagevolge gaan wees nie?

Leer ons kinders om met absolute respek en waardering met diere om te gaan, of om te kyk hoe ’n dier kan funksioneer vir ons eie gewin?

Ja, die mens kan so banaal wees dat volledige spesies uitgeroei word in die naam van “goeie seks”.

Dit is ’n siklus wat nooit gaan ophou as ons nie kies om met eerlikheid en integriteit op te tree en bietjie minder selfsugtig te lewe nie.

Kinders doen nie wat jy sê nie, hulle doen wat hulle sien jý doen. Die probleem moet by ons kinders getakel word, maar dit kan net gedoen word as jy die voorbeeld stel wat hulle en elke kosbare dier in hierdie land so nodig het.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.