Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'SA grade beteken niks oorsee'
Daniel Viljoen

Die kurrikulum wat op Suid-Afrikaanse studente afgedwing word op universiteitsvlak is problematies – veral vir dié wat oorsee wil trek.

In my eerste jaar aan die Universiteit van Pretoria is daar vir ons gevra wie ná hul studies na ’n ander land wil verhuis.

Menige hande het opgeskiet.

Die lektor verander toe sy vraag en vra wie in die land wil bly nadat hul studies afgehandel is.

Uit die bykans 200 studente het net twee hul hande opgesteek.

'n Fokus op Afrika

In 2017 het ek my BA-graad in argeologie en geskiedenis gekry. Een van die ander vakke wat ek deur die jare geneem het, is toerisme.

Wat het al hierdie vakke gemeen gehad? Elke semester het die kurrikulum gefokus op apartheid, kolonialisme en in breë trekke: Afrika.

Drie jaar lank moes 99% van die klas, wat die land wou verlaat, leer oor Afrika-geskiedenis, terwyl nie een van ons in Afrika wou bly nie.

Die universiteit is bewus daarvan dat ons almal die land wil verlaat, maar dring aan op ’n kurrikulum wat ons nie toelaat om in die buiteland te werk nie.

Hoe moet Suid-Afrikaners die internasionale speelveld betree wanneer hul grade niks beteken nie?

Hoe moet Suid-Afrikaners die internasionale speelveld betree wanneer hul grade niks beteken nie?

’n Individu se kennis van apartheid gaan hom geensins in die buiteland baat nie. So ook nie sy kennis van België se sondes in die Kongo of die invloed wat kolonialisme op Zimbabwe gehad het of die uitbeelding van sekere diktators as heiliges nie.

Ek meen dis tyd dat die kurrikulum aangepas word en wegskuif van die blaamspeletjie na iets wat studente sal help om werksgeleenthede op internasionale vlak te kry.

Vir drie jaar is dieselfde studiemateriaal herhaal en in my derde jaar het ek skaars aan ’n boek geraak omdat ek vir drie jaar agtereenvolgens dieselfde materiaal oor Afrika-geskiedenis behandel het.

Wat beteken my graad oorsee?

Ek is tans besig met my honneursgraad in argeologie en spesialiseer in argeo-botanie.

My vyfjaarplan is om my in Duitsland te vestig en dáár ’n bestaan te maak.

Finansiering in Suid-Afrika vir argeologie en geskiedenis is hopeloos te laag omdat die werk wat hier behandel word van min tot geen belang is op internasionale vlak.

Die probleem is egter dat ek geen kennis van Duitsland (of Europa as ’n geheel) se geskiedenis sou gehad het as ek nie self vir drie jaar lank daaroor navorsing in my eie tyd gedoen het nie.

Dis tyd dat ons kurrikulum aangepas word, sodat ons ons volle potensiaal kan bereik, want die huidige kurrikulum benadeel ons só dat die meeste van ons nooit ons droom om onsself in die buiteland te vestig, sal bewaarheid nie.

Suid-Afrika wil graag die speelveld van internasionale wetenskap en navorsing betree, maar kan dit nie doen tensy die kurrikulum aangepas word nie.

Ons besef apartheid was nadelig vir die land.

Ons besef die Kongo het swaar gely onder die Belgiese regering.

Ons besef die syroete was ’n fantastiese handelsroete wat deur die Sahara geloop het.

Maar ek het dit álles reeds in my eerste jaar geleer en my geld op nóg twee jaar hiervan gemors, terwyl ek kon leer oor die wêreld daar buite.

Dis tyd dat ons kurrikulum aangepas word, sodat ons ons volle potensiaal kan bereik, want die huidige kurrikulum benadeel ons só dat die meeste van ons nooit ons droom om onsself in die buiteland te vestig, sal bewaarheid nie.

  • Daniel Viljoen (24) is tans besig met sy honneursgraad in argeologie aan die Universiteit van Pretoria. 
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.