Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
SA, jou lekker ding!
Mizanne Hattingh
Mizanne Hattingh

Suid-Afrikaners is eintlik lekker mense. Kyk, ek sê nie dat perdemis vye is nie, maar wel dat ons woede nie ons kuier steel nie.

Daar is niks lekkerder as ’n Sondag-braai nie. Ek het grootgeword met ’n familie, soos baie ander Suid-Afrikaners, waar die mans om die vuur kuier en oor politiek gesels en die vroue binne oor ditjies en datjies klets. Dis daar waar ideologieë nie ter sprake kom nie, daar word nie gewonder oor geslagsrolle en wat “verkeerd” is in die wêreld nie – daar word gekuier.

Ek verstom my altyd aan hoe vinnig Suid-Afrikaners vriende maak. Ek het in ’n dorp-stad grootgeword. ’n Plek wat groot genoeg is om op papier ’n stad genoem te word, maar waar ons byna huisvriende is met die plaaslike Ocean Basket se eienaar, waar jy die meeste van die tyd wat jy in die Spur deurbring met mense gesels wat jy daar raakloop en waar ou onderwysers jou nog op die naam groet wanneer jy huis toe gaan.

Mense fokus dikwels so op die negatiewe van ons land – en kyk daar is baie – maar ek dink ons moet ’n bietjie ons fokus verskuif. Die meeste mense dreig om te trek, maar waar gaan ’n mens dieselfde gevoel kry as in hierdie land van vriendelikheid? Dis tog wat dit is.

Soos ou vriende

’n Paar jaar terug was ek in Duitsland op ’n skooltoer. Daar het ons ’n opera gesien waarvan die hoofrol deur ’n Suid-Afrikaner vertolk is. Ná die tyd het ons hom en een van sy mede-Suid-Afrikaners ontmoet. Die mense rondom ons was stomgeslaan toe hulle sien hoe ons mekaar omhels, so asof ons ou vriende is.

Mense fokus dikwels so op die negatiewe van ons land – en kyk daar is baie – maar ek dink ons moet ’n bietjie ons fokus verskuif.

Die gevoel van huis, dis wat Suid-Afrika bied. Maak nie saak hoe groen Australië se gras is nie, dis nie eintlik die gras waarna ons soek nie – dis die stof.

Vriende van ons het so twee jaar gelede Nieu-Seeland toe verhuis. Die eerste keer wat hulle daarna kom kuier het, was hul woorde: “Die nuwe land is dalk sonder probleme, maar, sjoe, ons smag na Suid-Afrikaanse stof.” Miskien is die stof ’n metafoor vir sout, want dis wat Suid-Afrikaners is, sout-van-die-aarde-mense.

LEES MEER: Emigrasie: 'Moenie jou tasse pak, daar ís hoop'

Daar is baie meer liefde as haat in die harte van Suid-Afrikaners en dis mooi om dit te sien. Dis lekker om deel te wees daarvan.

Mag hierdie kultuur van vriendelikheid nooit verander nie en mag die son altyd op ons stukkie goud hier aan die suidpunt van Afrika skyn.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.