Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
SA kan Afrika oor 20 jaar lei
Vanessa Mokhethi
Vanessa Mokhethi

Hoe wil jy hê moet SA oor 20 jaar lyk en hoe kan die jeug help om daar te kom?

Ons pragtige land, Suid-Afrika, het een van die wêreld se langste kuslyne wat sowat 3 000 km lank is.

Ons kan kapitaliseer op sy skoonheid en ryk minerale ertse om ’n Suid-Afrika te bou waar die rykdom van die land regverdig met al sy burgers gedeel word.

In 20 jaar sien ek ’n Suid-Afrika wat geanker is in die wortels van verdraagsaamheid, waar ons stewig, vasbeslote en verenig staan teenoor alles wat ons wil verdeel en wat ons oorwinning van vryheid wil vernietig. Dit is egter noodsaaklik om die uitdagings te identifiseer wat ’n voorspoedige Suid-Afrika verhinder, voordat ons oplossings identifiseer wat as katalisators vir groei en eksponensiële ekonomiese ontwikkeling sal dien.

Takel werkloosheid

Werkloosheid, veral onder die jeug, bly ’n brandende saak, veral as ons wil verklaar dat die jeug die toekomstige leiers van ons land is. Korrupsie, ’n onderontwikkelde onderwysstelsel en die onstabiele ekonomie is die room van die oesuitdagings van Suid-Afrika. Om die ekonomie te stimuleer, moet ons nuwe en groter markte vir ons goedere en dienste soek.

Ons moet belê in dienste soos uitkontraktering van die besigheidsproses.

In lyn met die werkberaad en spesiale ekonomiese sones van die regering se beleid. Suid-Afrika moet wegbeweeg van grondstofuitvoer na die vervaardigde goedere. Ons moet belê in dienste soos uitkontraktering van die besigheidsproses.

Dit sal Suid-Afrika op ’n pad van beleggingsgeleide handel plaas. Oor die algemeen moet ons maatreëls instel om die plaaslike vraag te verhoog deur die toename in die hoeveelheid plaaslike goedere en dienste wat deur die regering en die private sektor verkry word. 

 LEES MEER: Hou op rebelleer teen jou Afrika-identiteit

Die inkubasieprogram van die regering moet verseker dat entrepreneurs, veral jong entrepreneurs, floreer en toegang het tot gespesialiseerde marke en opleiding in die gebruik van nuwe tegnologieë, aangesien ons reeds in die begin van die vierde industriële revolusie is.

Om die ekonomie te laat groei, speel staatsbeheerde ondernemings ’n belangrike rol. Gespesialiseerde politieke toesig is nodig om die ondernemings vir ’n groeiende ekonomie voor te berei.

Vooruit deur tegnologie

Die verhoudings tussen die regering en die private sektor moet pragmaties en koöperatief wees om ’n strategiese pad te ontwikkel om die ekonomie te laat groei en jongmense met kennis te voorsien wat hulle sal voorberei om positief op die opkomende digitale era te reageer.

Ons moet egter nie diegene verwaarloos wat nie goed reageer op die intellektueel gebaseerde onderwysstelsel en meer geskik is vir hande-arbeid nie. Hulle behoort sleutelrolspelers te wees in die bou van menslike nedersettings wat die behuisingsagterstande in die land sal takel.

Misdaad en korrupsie bly ’n kritieke kwessie om seker te maak almal deel in die rykdom van die land.

Misdaad en korrupsie bly ’n kritieke kwessie om seker te maak almal deel in die rykdom van die land. Daarom moet die regering spesialis polisie-eenhede ondersteun. Ons moet gevorderde tegnologieë van die digitale era gebruik om kommunikasie oor misdaadvoorkomingstrategieë deur te gee aan die gemeenskap.

In 20 jaar sien ek ’n SA wat Afrika lei as bogenoemde strategieë geïmplementeer word en as ons voortgaan op ’n revolusionêre baan wat vooruitgang in tegnologie bevorder en arm mense se lewens verander. Die MeerKAT-teleskoop, die wêreld se grootste en mees sensitiewe radioteleskoop, het Suid-Afrika in staat gestel om sy horisonne op gebiede soos gevorderde ruimtewaarneming uit te brei.

Bydrae van die jeug

Die jeug moet kritieke loopbaanvelde inslaan, wat hulle in staat sal stel om by te dra tot ’n dinamiese ekonomie wat groei, volhoubare werk skep en fokus op jeugontwikkeling. Die jeug behoort deel te wees van gesprekke wat daarop gemik is om die regering aanspreeklik te hou.

Die jeug behoort deel te wees van gesprekke wat daarop gemik is om die regering aanspreeklik te hou.

Jong mense kan die voortou neem om Suid-Afrika as ’n wêreldwye speler binne die digitale revolusie te posisioneer. Sosiale media is ’n aantreklike manier om jongmense aan te spreek om ander jongmense te bemagtig deur hulle te werf in posisies binne die ekonomie wat kritiek is.

LEES OOK: Dís hoe ons armoede halveer teen 2039

Nietemin, as jeug moet ons steeds streef om sleutelrolspelers in instansies te wees wat daarop gemik is om grondwetlike demokrasie te versterk, byvoorbeeld die kantoor van die openbare beskermer en die ouditeur-generaal. Die howe bly belangrik om seker te maak dat die politieke leiers steeds onderhewig is aan die grondwet wat die hoogste wet van die land is en dat elke staatsamptenaar aanspreeklik gehou word.

Volgens Statistiek SA verteenwoordig die jeug meer as 40% van die bevolking en 36% is werkloos. Jong mense as die grootste kiesafdeling van hierdie land behoort die toekoms van hierdie pragtige land te bepaal.

Reken my by as deel van die jeug wat daaraan toegewy is om Suid-Afrika te transformeer!

  • Vanessa Mokhethi (21) stuudeer BSc Biologie aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.