Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Sal die ware mans opstaan asseblief?
Bianca Gouws
Bianca Gouws

Die vrees loop deur elke vrou in die land. Die gedagtes van: “Is ek volgende?” hou partytjie by ons.

Ons kinders word uit ons hande gegryp. Ons word verkrag en vermoor en in dele opgekap wanneer ons net iets by die poskantoor wil gaan kry, wanneer ons net in ons eie huis sit, wanneer ons net êrens heen loop, wanneer ons klas toe wil gaan, wanneer ons net wil eet!

En die vraag op almal se lippe: “Waar gaan dit stop?” Want ons mag nie pepersproei by ons hê nie, want dit is ook nou ’n wapen. So wat kan ons doen? Hoe moet ons onsself beskerm?

Vrouens het jare lank baklei vir stemreg, om te kan bestuur, om te kan werk, selfs net om eiendom te kan besit. En steeds wen ons nie!

Want nou moet ons weer baklei. Baklei vir ’n plek in die land. Baklei vir net ’n bietjie asem, wat ook van ons gesteel gaan word.

Vroue vra jou nie

Sosiale media is vol foto’s en berigte van al die meisies wat net die laaste maand hul lewe verloor het. Elke haar op my lyf staan regop van vrees en hartseer.

Hoe het dinge so skeef geloop dat geen vrou meer buite die vier mure van haar huis wil kom nie?

Hoe het dinge so skeef geloop dat geen vrou meer buite die vier mure van haar huis wil kom nie?

En wanneer daar iets met ons gebeur, word daar gevra: “Maar wat het jy gedoen om dit uit te lok?” Dit is sommer bog!

Geen vrou, maak nie saak wat sy aantrek nie, vra jou om by jou motor uit te fluit nie. Sy vra jou nie om haar uit te kyk in die restaurant nie. Sy vra jou nie om jouself op haar af te dwing nie. En sy vra jou definitief nie om haar te volg badkamer toe nie.

Ek was gisteraand by die teater. Toe ek kleedkamer toe moes gaan, het ek in my hoëhakskoene gehardloop, die deur gesluit en toe ek uitkom, gereed gestaan om iemand met pepersproei te oorrompel.

LEES MEER: Liewe vrou, het ons die oorlog verloor?

En dit is die lewe van elke vrou in die land. Ons moet links en regs van ons kyk, net om veilig tot by die motor te kom.

Ek het nou die dag met een van my vriende hieroor gesels. Sy antwoord? “Ag man, dis nie so erg nie.” En dit is die antwoord van baie mans in die land.

Mans moet verander

Om eerlik te wees, verstaan ek dit. Mans hoef nie twee keer te dink voordat hulle iets aantrek nie. Hulle hoef nie twee keer te dink om die aand te gaan geniet nie. Hulle hoef nie twee keer te dink om ’n lektor te gaan spreek nie. Hulle hoef nie twee keer te dink nie! Mans gaan nooit verstaan hoe die vrees deur elke vrou se are klop nie. Want hulle hoef nie. Hulle was nog nooit in sulke situasies nie en hulle sal ook nooit wees nie.

Ek vra nou die ware mans om saam met ons op te staan.

Maar dit is die mans wat moet verander. Hul denkwyse moet verander. Die manier hoe hulle reageer, moet verander. Die manier waarop hulle dinge doen, moet verander. En baie mooi verstaan dat nee is nee!

Ek vra nou die ware mans om saam met ons op te staan. Help ons. Wees ons redding, nie die objek van ons vrees nie. Dink aan jou ma, jou suster en jou dogter (nou of die een wat jy eendag gaan hê). Respekteer ons. En moenie ’n guns terugverwag nie.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.