Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Sal ons eers moet sien hoe lyk ’n land sonder boere?

Honderde mense kniel Saterdag in gebed by die Unie
Honderde mense kniel Saterdag in gebed by die Uniegebou tydens ’n optog teen plaasmoorde. Foto: Deaan Vivier

Die vraag ‘Wie dink jy is jy?’ is onlangs aan ’n boer gerig. Die antwoord wat ek sou gee, is dat dit die hande is wat hul vingers amper stomp werk om die land te voed.

Dit is nie Pick n Pay, Checkers of Woolworths nie.

Dit is die mense wat douvoordag opstaan om ’n land se mense te voed. Hulle is die mense wat al vir amper agt jaar hul aftreegeld, kinders se studiegeld en spaargeld moet gebruik om die land te voed. Ek is self ’n kind van ’n Suid-Afrikaanse boer en het al eerstehands gesien hoe boere in dele van ons land al byna ’n dekade lank gebuk gaan onder die impak van die droogte.

Die waarheid is dat die boere se grootste bekommernis nie is of hulle môre nog voer gaan hê vir hul diere nie, maar eerder of hulle gelukkig genoeg gaan wees om die volgende oggend te sien. Boere moet nou saans gaan slaap en net hoop dat hulle en hul gesin hopelik nie met ’n geweer teen die kop wakker gemaak gaan word nie.

Alet Louw
Alet Louw

Daar is ’n spreekwoord wat lui moenie die hand byt wat jou voed nie. In Suid-Afrika word die hande nie net gebyt nie, maar vermink, gemartel en vermoor.

Ek kan seker op my twee hande tel hoeveel keer die distrik waarin ek woon, hulp gekry het van die regering om die droogte te help verlig, maar ek het werklik geglo dat hulle sou intree toe onskuldige mense hul lewe begin verloor. Daar word optog ná optog gehou en duisende wit kruise word geplant, maar daar is geen reaksie van die regering wat aandui dat hulle gaan intree nie.

Die aanvalle is nie iets wat nou eers begin het of net dan en wan gebeur nie. Die waarheid is as al hierdie grusame aanvalle opslae in die koerante gemaak het, glo ek sou ons van niks anders gelees het nie.

Ek wonder of daar ooit ’n draaipunt gaan wees en of ons boere maar net alles wat hulle al vir generasies opgebou het, gaan agterlaat en emigreer soos wat baie ander Suid-Afrikaners reeds gedoen het en steeds doen. Sal ons land eers moet sien hoe ’n land sonder boere lyk voordat hulle sal agterkom hoe verkeerd die aanvalle is?

Boere is geharde mense en ek twyfel of hulle net sal opgee, maar hoeveel aanslae op hul lewe kan hulle nog hanteer? Boere word aangemoedig om hulself te beveilig, maar wanneer het dit aanvaarbaar geraak om onskuldige mense te martel en te moor vir geen rede nie.

Boere wat reeds daagliks hul sente moet omdraai, moet nou geld uitgee om hulself te beveilig ook.

Ek vra self gereeld vir my pa of hy ooit net sal moed opgee en ophou boer, en sy antwoord is altyd nee. Om te boer is ’n passie en nie eens die aanvalle sal die brandende passie uit hul harte laat verdwyn nie.

Vandag, wanneer jy aansit om ’n lekker bord kos te geniet, dink aan die hande wat dit moontlik gemaak het. Die mense wat nou elke dag hul lewe in gevaar stel om hul land se mense te voed en hul passie uit te leef.

  • Alet Louw studeer verpleegkunde aan die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Sy het op ’n plaas naby Williston in die Noord-Kaap grootgeword.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.