Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'SA'ners klou aan apartheid-seer'
Michelle Hattingh
Michelle Hattingh

Soms word ek tot stilstand geruk deur die seer wat aan Suid-Afrikaners vasklou. Ek sluit dan my oë in die hoop dat die werklikheid in ’n wêreld van seer en gebrokenheid in vreugde en genesing sal verander.

Maar, Suid-Afrika is alewig in ’n stryd met homself en ons as burgers maak dit ook nie makliker nie.

Suid-Afrikaners oor alle kulture heen het seer en dit begin of eindig nie noodwendig by jou en jou mense nie.

Glo my, ek verstaan die harde bene wat ’n mens kou as jou wit pa nie ’n werk kry nie, die seer as jy nie die geleenthede kry wat regstellende aksie aan ander mense bied nie.

Ek verstaan ook dat apartheid nie net in ’n oogwink reggestel kan word nie (al was daardie jare nie my skuld nie – ek is immers in 1994 gebore) al is dit ook al 25 jaar ná ons eerste demokratiese verkiesing.

My hart breek as ek studente sien wat sukkel om werk te kry ná universiteit. Ek wil soms my kop verloor as die politici die verkeerde besluite neem en ons ekonomie nog verder in ’n gat in dompel.

My hart breek as ek studente sien wat sukkel om werk te kry ná universiteit. Ek wil soms my kop verloor as die politici die verkeerde besluite neem en ons ekonomie nog verder in ’n gat in dompel.

Ek sien hoe mense van alle rasse ook sukkel om geleenthede te kry wat dié in hoër poste aan hulself toe-eien en die seer waarmee hulle moet saamleef omdat hulle ook worstel om hulself in die komplekse samelewing van haat en ongelykhede te probeer vind.

Ek sien ook die komplekse emosies van worstel en verwarring wat sommige mense voel wanneer hulle ’n pos gekry en meen dat hulle dit net gekry het omdat hulle velkleur reg was en nie omdat hulle wel oor die kwalifikasies beskik om daardie werk te doen nie.

Moeilike tye

Ons leef in ongelooflik moeilike tye. Ek het grootgeword in ’n tyd dat onsekerheid geheers het en almal hul identiteit moes vind in die nuwe Suid-Afrika. Dit was moeilik om reg van verkeerd te onderskei of om denke te verander.

Ek dink dis steeds vandag die probleem dat niemand regtig ’n identiteit het in Suid-Afrika nie. Ons weet nie regtig waar ons inpas nie en dit is moeilik omdat die ekonomiese omstandighede, die geskiedenis en die media ons almal in boksies plaas.

LEES OOK: 'Kom ons leen meer van mekaar se kulture!'

Ons probeer veg om die goeie in die land te sien en jou tot Suid-Afrika te verbind, maar dan gebeur daar iets wat jou velkleur of kultuur raak en ons is terug by die begin.

Ons moet terugveg om by ons ware menswees uit te kom en diep delf om beginsels wat nie noodwendig in die wêreld uitgebeeld word nie, na te streef.

Beginsels wat begin by die liefde vir jou medemens en vir die aarde. Ons verbintenis met Suid-Afrika sal kom as ons almal wat hier woon sien as ’n landgenoot en nie net as ’n bedreiging nie, as ’n medewerker wat help om die land op te bou.

Veg vir die goeie

Ek het besef die seer van Suid-Afrika sit in elke mens se hart en dat daardie seer die lens is waarmee ons na die wêreld kyk.

Ons gebrokenheid word weerspieël deur ons daaglikse besluite en optrede. Dit veroorsaak dikwels net nog meer seer.

Ons word geruk en gepluk en hoor die gedurig vorme van haatspraak aan. Dan span ons onsself nog in die web in en pleeg saam verbale moord en skeur ander uitmekaar bloot omdat ons nie saamstem met hulle nie.

Wees ’n beter mens, ’n mens wat die seer en mooi in die lewe al beleef het en steeds kies om deur hoop te leef en liefde na te streef.

Ek weet ons is almal al moeg gewroeg en gestook om iets positief te sien in Suid-Afrika. Maar dit bly jou land. Dit kos dalk bloedtrane om te veg vir geregtigheid maar Einstein het gesê “die wêreld sal nie vernietig word deur mense wat bose dade pleeg nie, maar deur diegene wat toekyk hoe hulle dit doen sonder om self iets daaraan te doen”.

So moet ons aanhou veg vir die goeie en die goeie sal altyd begin by liefde.

Ek moedig jou aan om jou bril van seer af te haal en dit te vervang met ’n bril van hoop.

LEES OOK: 10 maniere waarop jý die wêreld kan verander

So kan ons bou aan ’n wêreld waar daar geleenthede vir saamstaan is en ’n nuwe Suid-Afrikaanse kultuur van vernuwing ontstaan sodat ons mekaar met liefde en respek kan hanteer en dien.

Mag ons herinner word aan wat gebeur het met lande waar haat en liefdeloosheid geheers het en wat die koste was van oorloë soos die Tweede Wêreldoorlog.

Ek moedig jou weer aan om nie deel te raak van die gehoor wat chaos, haat en seer veroorsaak nie. Wees ’n beter mens, ’n mens wat die seer en mooi in die lewe al beleef het en steeds kies om deur hoop te leef en liefde na te streef.

  • Michellé Hattingh (24) studeer Bcom Industriële Sielkunde en Arbeidsverhoudinge aan die Noordwes-Universiteit. Sy woon in Vanderbijlpark en is ‘n dokument-kwaliteitsbeheerbeampte by 'n arbeidsmakelaar.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.