Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Schalk Bezuidenhout: 'Kom ons mielie die res van hierdie jaar!'

Schalk Bezuidenhout.
Schalk Bezuidenhout.

Een van my ou hoërskool se grootste verliese was sekerlik die dag toe ons mnr. Charl Naudé as atletiekorganiseerder en afrigter van langafstande verloor het. As jy nou wil praat van iemand met ’n passie vir iets, nè?

Ek sê graag ek het ’n passie vir komedie, maar ek weet nie of dit enige iets is in vergelyking met mnr. Naudé se passie vir atletiek nie. Soms het ek ’n show die aand en dan is ek nie altyd lus nie. Ek dink nie daar was een dag wat mnr. Naudé nie lus was om atletiek af te rig nie.

Ons skool se atletiekspan se naam was die Kamikazes. Ek weet dit klink nogal hectic, maar mnr. Naudé het gehou van die sentiment en dit waarvoor daardie Japannese vegvlieëniers gestaan het, of seker maar eerder gevlieg het. Ek moet bieg, ek dink nou nie ek sou ooit my lewe vir die 1 500 meter opoffer nie. Al het dit ná sommige oefeninge gevoel asof ek dood wil neerslaan.

Met groot byeenkomste het ander skole se afrigters altyd op die 200 meter merk gestaan en vir hul atlete geskree om nou te begin sprint! Daai laaste gedeelte moes jy altyd sprint, of dit nou ’n 800- of ’n 3 000 meter was. Mnr. Naudé was die enigste afrigter wat op die 300 meter merk gestaan het en vir ons geskree het om te sprint. Miskien omdat hy gevoel het dat jy vir daai laaste 100 meter in elk geval bewusteloos is, so die bietjie ekstra se sprint maak nie regtig so ’n groot verskil nie.

My pa was ook op sy dag ’n atletiekafrigter. Hy het altyd langs mnr. Naudé gestaan, maar hy het nie “SPRINT” geskree nie. My pa se aanmoediging was bietjie meer komies. Hy het altyd daar gestaan en geskree: “mielie hom!” Dit is wat sy oudafrigter altyd vir hóm geskree het en hy was eenvoudig besig om die tradisie voort te sit.

Baie mense het seker gevoel of hulle soos ’n kamikaze in die naaste gebou of vragskip wou vasvlieg. Ander het hom rustig deurgedraf asof dit ’n 3 000 meter is en hulle is ver voor. Dan was daar diegene vir wie hierdie jaar, soos “mielie hom”, eintlik maar net een groot grap was.

Hy het ook eenmaal by een van my skaaktoernooie “mielie hom!” geskree in ’n mislukte poging om snaaks te probeer wees. Die beamptes het hom baie vinnig vasgevat omdat hulle gedink het hy sê vir my wat om volgende te skuif.

Kyk, hierdie jaar was uiteraard anders vir almal.

Baie mense het seker gevoel of hulle soos ’n kamikaze in die naaste gebou of vragskip wou vasvlieg. Ander het hom rustig deurgedraf asof dit ’n 3 000 meter is en hulle is ver voor. Dan was daar diegene vir wie hierdie jaar, soos “mielie hom”, eintlik maar net een groot grap was.

Dit maak nie saak hoe jy die jaar ervaar het nie, onthou net; hy is nog nie verby nie!

Komaan, kêrels . . . kom ons sprint hierdie laaste 300 meter! Dis nie asof Suid-Afrikaners al ooit daarvoor bekend was dat ons maklik opgee nie. Kyk net na manne soos Jacob Zuma en Ace Magashule. Hul resies is eintlik nou al lankal verby, maar hulle hol nog vir daardie goue medalje! Dit was ’n tawwe jaar, ja, maar daar is nog so ’n bietjie van hom oor.

Kom ons mielie hom!

  • Schalk Bezuidenhout is 'n komediant en 'n gasskrywer vir Die Student. Hy het drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer en kom oorspronklik van Kempton Park.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.