SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Die Student
Schweizer-Reneke: Die ‘volwassenes’ is kinderagtig
Colette Combrink.
Colette Combrink.

Ek sit nog heel week en die herrie in Schweizer-Reneke dophou waar een foto en ’n ontstelde ouer op ’n WhatsApp-groepie gemaak het dat hierdie klein dorpie in Noordwes se graad R-klas nou selfs op die BBC, Daily Mail en Nairobi News is. Dit nadat dit natuurlik ook die ronde op die meeste Suid-Afrikaanse nuusnetwerke gedoen het.

Wat is dit met ouers en WhatsApp-groepies?

Ek wil nie in die debat inklim nie, dít is vir ’n onafhanklike ondersoekkommissie om te doen, maar ek wil wel myself in die skoene van die kleuters in daardie klas plaas.

Toe ek vyf jaar oud was, soos die kinders in daardie klas, het ek af en toe kleuterskool toe gegaan, maar eintlik meer tyd in my ma se fotowinkel in die dorp deurgebring. Ek het agter die toonbank gespeel en met kliënte gesels en as my ma te besig raak, het ek by Rosie gaan sit.

Rosie, of Roselina, het my ma in die winkel gehelp met alles van sekuriteit tot koffie, maar ek was vas oortuig sy is eintlik net daar om my maatjie te wees. Ek was vyf jaar oud en die Zulu-vrou Rosie was een van my heel gunsteling-mense in die wêreld.

Wat is dit met ouers en WhatsApp-groepies?

Vir my en Rosie was kleur- of taalverskille dinge wat geen vriendskap kon stuit nie.

Dit was jare daarna dat ek die eerste keer werklik van kleur geleer is, dat ek die land in sy geskiedenis en glorie gesien het en mense se seer beter begin verstaan het.

LEES OOK: Laerskool Schweizer-Reneke: 'Die pyn is oud en diep'

Dit was jare later dat ek reg was om werklik die feite in die gesig te staar en myself en my land kon begin verbeter met daardie kennis.

Maar die graad R-klas se kinders op Schweizer gaan vir altyd hierdie week met sy protes en kwaad en haat in hul geheue geëts hê, sonder om werklik te verstaan wat aangaan. Hier is ’n klas vol kinders wat net wou skooltoe gaan, selfs opgewonde was oor hierdie nuwe fase, maar wat nou uitstap met mense wat om hulle klippe gooi. Al wat hulle wou doen was om bietjie te speel.

Maar die graad R-klas se kinders op Schweizer gaan vir altyd hierdie week met sy protes en kwaad en haat in hul geheue geëts hê, sonder om werklik te verstaan wat aangaan.

Daar is ’n absolute kinderagtigheid in die “volwassenes” se gedrag in hierdie hele situasie, aan albei die kante van die munt.

Geen kind verdien om op vyf jaar oud by sulke probleme ingetrek te word nie. Geen kind verdien ooit om hul onskuld en medemenslikheid op hierdie manier te verloor nie.

  • Colette Combrink (21) doen haar honneurs in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is oorspronklik van Ermelo, Mpumalanga.
Meer oor:  Laerskool Schweizer-Reneke  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.