Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Ja, ek hakkel, maar moenie my anders behandel nie.'
Natalie Thysse
Natalie Thysse

Hoe wil jy hê moet SA oor 20 jaar lyk en hoe kan die jeug help om daar te kom?

Terwyl ons samelewing gons oor rassisme, is daar soveel ander kwessies wat net soveel aandag verg. Kwessies soos gestremdheid.

Tussen 3 November en 3 Desember, gedenk Suid-Afrika die Internasionale Dag van mense wat leef met ’n gebrek. Die dag staan bekend as die “National Disability Rights Awareness Day”.

Volgens ’n sensusopname in 2011, is daar 7,5% Suid-Afrikaners wat met ’n gebrek leef of aan ’n gebrek ly. Die meeste van hulle is vroue.

As iemand wat hakkel, vind ek daagliks dat ek anders behandel word. Wanneer ek sê ons soek niemand se simpatie nie, praat ek waarskynlik vir die meeste van ons wat aan een of ander gebrek lei.

Ons wil nie anders behandel word nie, maar ons wil sien dat mense moet ophou om teen ons te diskrimineer.

Wat doen ons?

Dit verbaas my hoe die mense van die land uit hul pad gaan om geld in te samel vir bewusmaking. Maar wat doen ons aan die feit dat daar daagliks gediskrimineer word teen gestremde mense?

Is dit nie net so erg soos om rassisties te wees nie? Wat doen ons land om die lewe van iemand wat byvoorbeeld nie kan loop nie, wat afhanklik is van ’n rolstoel, makliker te maak?

Kinders wat erg gestremd is, kan nie skoolgaan nie, en dit is nie net omdat hulle gestremd is nie, maar hoeveel skole is byvoorbeeld rolstoelvriendelik?

Kinders wat erg gestremd is, kan nie skoolgaan nie, en dit is nie net omdat hulle gestremd is nie, maar hoeveel skole is byvoorbeeld rolstoelvriendelik?

Gevolglik moet kinders eenvoudig die skool los, mits hulle ouers geld het en tuisonderrig kan bekostig. Wat doen die regering daaraan?

Wat betref mense wat nie na skole kan gaan nie weens gebrek, kan daar ’n liefdadigheidsorganisasie gestig word. Ja, ek weet daar is baie, maar ons het een nodig wat spesifiek gemik is op die jeug.

LEES MEER: My hakkelry is ’n geskenk

Die doel sal wees om seker te maak gestremde kinders van hul ouderdom wat nie langer skool toe kan gaan nie, hou aan met hul skoolwerk. Hulle moet ook toetse en eksamens skryf – natuurlik onder die toesig van onderwysers, wat sekerlik nie sal omgee om dit te doen nie.

Alles gebeur nie oornag

Te veel word verwag van pres. Cyril Ramaphosa. Die land se mense verstaan nie dat niks oornag kan gebeur nie.

Ek kan nog nie met sekerheid sê dat Suid-Afrika oor 20 jaar van nou af perfek gaan wees nie, maar wat ek wel kan sê, is dat ons die land ’n beter plek kan maak as elkeen elke dag ’n bietjie ekstra moeite insit om jou medemens te help.

Die land se mense verstaan nie dat niks oornag kan gebeur nie.

Daar bestaan nie iets soos “ek sien nie jou gebrek nie”. Dit is juis wat gesien moet word, want dit maak jou uniek en is deel van die mens.

So ek sien Suid-Afrika oor 20 jaar van nou, as ’n land waar gestremde mense aanvaar word vir wie en wat hulle is, gebrek(ke) en al.

  • Natalie Thysse (21) studeer BA Taal en Literatuurstudie aan die Noordwes Universiteit (Potchefstroom).
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg ons op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.