Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Sjoe, nou is al jou boeties getroud, wanneer is dit jou beurt?'
Colette Combrink.

Lentedag 2018 was een van groot opwinding in my familie. My jongste boetie het op ’n prentjiemooi wynlandgoed buite Stellenbosch getrou, en ek is so bevoorreg om ’n derde sussie by te kry.

Met ’n fotograaf-ma was ek al op elke kleur en geur van ’n troue, en is dit altyd vir my ’n absolute fees. Sodra dit egter by familietroues kom, raak ek, as enkellopende jongste kind, so effens angstig oor die reeks vrae van grootmense oor my toekoms.

Wat studeer jy? Wat wil jy word? Saam met wie is jy hier? Maar die vraag waarop ek myself die meeste voorberei het, was: Sjoe, nou is al jou boeties getroud, wanneer is dit jou beurt?

Tog, te danke aan my boetie se goeddeurdagte gastelys, het hierdie vraag veel minder opgeduik as wat ek verwag het. Die mees traumatiese inmenging in my liefdeslewe was eerder my oom wat Kupido probeer speel het tussen my en elke amper-geskikte jongkêrel. Maar met daardie oom (ons almal het so een) moet ’n mens seker net ’n sport wees. Tog was almal van ons al by ’n troue wat jou die nag laat wakkerlê het en jou al jou lewenskeuses opnuut laat ontleed het.

Hierdie vrae kom alles seker van ’n goeie plek af. Van mense wat vir jou geluk, ’n goeie werk en ’n voorspoedige toekoms toewens. Tog, soos vir die troupaartjie wat moet hoor “wanneer begin julle met kinders?” voor hul eerste huweliksnag, voel dit net of hierdie mense hul neuse heeltemal te diep in dinge wat hulle nie aangaan nie, steek.

Tog, soos vir die troupaartjie wat moet hoor “wanneer begin julle met kinders?” voor hul eerste huweliksnag, voel dit net of hierdie mense hul neuse heeltemal te diep in dinge wat hulle nie aangaan nie, steek.

Hierdie goedbedoelde vrae kan verskeie snare roer wat nie gereed is om geroer te word nie; dalk is die persoon so pas deur ’n traumatiese verhouding en sien hulle nie kans om hul hart weer op die spel te plaas nie; dalk is die liewe mense se oortuigings veel anders as joune en dalk, net dalk, is dit 2018 en moet ons ophou om mense se waarde te meet aan die feit of daar iemand aan hul sy is.

Ek pleit nie vir oppervlakkige gesprekvoering of ’n wêreld vol eensame siele nie, ek pleit net vir ’n bietjie meer sensitiwiteit en ’n samelewing waarin mense nie in verhoudings en huwelike in gepraat word waarvoor so baie mense nie gereed is nie. Geluk, ’n goeie werk en ’n voorspoedige toekoms begin by jouself. Hierdie dinge, waarvan geluk die grootste is, sal jy nooit by iemand anders kan kry nie.

  • Colette Combrink (20) studeer BA Geografie en Geesteswetenskappe (finale jaar) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is oorspronklik van Ermelo, Mpumalanga.
Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.