Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Skoolvriende: Jy gáán hulle ontgroei

“Skoolvriende is nie lewenslange vriende nie.”

Ek het hierdie woorde té veel te ligtelik opgeneem.

Die rede hoekom ek dit nou glo, is omdat ek vir die grootste deel van die jaar geglo het dat my vriende wag vir my op my tuisdorp – daar waar ons mekaar ure aaneen ondersteun het.

Nadine Venter
Nadine Venter

Ek het geglo my nuwe vriende kan nie by my skoolvriende kers vashou nie.

In die twee maande tot die middel van Desember het ek meer (skool-)vriende as in my hele lewe verloor. Ons het mekaar ontgroei.

Ja, dit maak regtig baie seer (veral as jy gedink het dat hulle vir altyd jou “mense” gaan bly).

Al wat ’n bietjie troos, is dat ek ander mense in my lewe het wat alles van my weet en weier om weg te stap: My universiteitsmense.

Vyf-uur-verkeer

Op skool word jy vriendelik verplig om 6,5 uur per dag met jou vriende deur te bring. Op universiteit moet ’n mens ewe skielik moeite doen om selfs kennisse te bly.

Dit raak moeilik om te onderskei tussen diegene wat waarde in jou vind en daardie wat jou slegs gebruik – maar moenie té bekommerd wees nie, tyd sal leer.

Ek het geglo my nuwe vriende kan nie by my skoolvriende kers vashou nie. In die twee maande tot die middel van Desember het ek meer (skool-)vriende as in my hele lewe verloor. Ons het mekaar ontgroei.

Ek sit eerder 45 minute lank in die vyf-uur-verkeer vir ’n koffie as wat ek my omring met mense wat my nie waardeer nie.

Almal weet die aanpassing van skool na universiteit is reusagtig, maar die groot voordeel bly dat jy ’n spierwit bladsy in jou nuwe boek kan begin.

Niemand om jou weet van die skinderstories waarin jy die hoofkarakter is nie.

LEES OOK: Die verlede veruil ons vir die hede.

Hulle weet nie eens of jou ouers nog saam is nie, in watter span jy gespeel het en of jy ’n leiersbalkie gehad het nie. Die pen is nou ewe skielik terug in jou hand, jou storie is weer jou eie.

Ek stel voor: Wees net jouself. Ek belowe jou, die regte mense sal jou vind en hulle gaan jou lewenslange vriende word.

Verlaat jou gemaksone en verken jou stad. Jou vriende en jou geluk sal opdaag.

Ja, sure, intussen gaan daar mense wees vir wie jy absoluut alles gaan bied en later gaan dit net nie meer goed genoeg wees nie – los hulle, al maak dit so seer dat dit voel asof jy van binne bloei, jy SAL weer genees.

Nuwe vriende

Jou studentelewe is die jare waarin jy die meeste geluk nog gaan ervaar, maar ook die meeste seer.

Ek was gelukkig genoeg om met die beste flatmates geseën te wees – hulle sal vir ewig my mense bly. Hulle maak die seer ligter en die geluk duideliker. As ’n introvert met social anxiety kan ek jou verseker, jy GAAN die mense ontmoet wat jou glimlag breër gaan maak.

Ek stel voor: Wees net jouself. Ek belowe jou, die regte mense sal jou vind en hulle gaan jou lewenslange vriende word.

Dit is normaal om bang te wees vir nuwe vriende en nuwe mense. Om bang te wees om jouself weer vir seerkry oop te stel. Dit bly die moeite werd, want al verloor jy 20 oppervlakkige vriende en maak een goeie vriend, het jy reeds gewen.

Dit gaan dalk langer as gewoonlik neem om nuwe vriende te maak, maar dit is ook oukei. As die proses lank vat, beteken dit dat die uiteinde waarskynlik meer suksesvol sal wees. Vriendskappe werk op ’n trial and error-grondslag. Jy leer deur te misluk.

LEES OOK: Is julle regtig vriende?

Terwyl jy vir hulle wag, maak seker jy kan op jou eie voete staan. Jy moet doodseker wees dat jy vriende maak omdat jy waarde in hulle sien en nie net omdat jy alleen is nie.

Verlaat jou gemaksone en verken jou stad. Jou vriende en jou geluk sal opdaag. Onthou om vas te hou aan jou waardes in hierdie hele proses en onthou om herhaaldelik aan te hou soek.

Al glo jy nie in jouself nie, glo ek in jou.

  • Nadine Venter (19) studeer aktuariële wetenskappe by die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Polokwane.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Kliek hier om nog meningstukke te lees.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.