Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Skrik wakker! Hou op om jou ouers te melk
Elro vd Westhuizen
Elro vd Westhuizen

In my bietjie meer as ’n jaar op universiteit het ek agtergekom dat geld al hoe belangriker word vir studente. Dít terwyl Suid Afrika al langer as ’n jaar tegnies in ’n resessie is.

Dit is skrikwekkend om te sien hoeveel studente met luukse motors ry en ’n luukse lewe lei.

My ma sê altyd “moenie dat uiterlike voorkoms jou flous nie, dit is tien teen een op skuld gekoop”.

Een van die groot redes waarom die land so baie skuld het, is dat ons van kleins af grootgemaak is dat dit oukei is om op skuld te koop, jy sal dit eendag terugbetaal.

My ma sê altyd “moenie dat uiterlike voorkoms jou flous nie, dit is tien teen een op skuld gekoop”.

Wel, anders as wat almal gedink het, is skuld nie sommer iets waaruit jy maklik kan kom nie.

Daar is onlangs ’n studie gedoen wat bewys het dat 56% van die land se motors op skuld gekoop is. Ek weet die meeste mense kan nie ’n motor kontant koop nie, maar dit beteken nie dat jy die duurste een moet koop nie.

’n Motor moet jou van punt A tot punt B kry. Ja, dit is great om allerhande luukshede in jou motor te hê, maar dit is nie ’n noodsaaklikheid nie.

Ouers, dit leer julle kinders niks nie!

Ek glo sterk daaraan dat ’n student se eerste motor nie splinternuut hoef te wees nie. ’n Studentemotor moet wel betroubaar wees, maar dit dien uiteindelik net as vervoermiddel.

’n Motor is nie ’n belegging nie. Hy verloor konstant waarde. As ’n ouer ’n kind terwyl hulle op universiteit is, bederf met ’n duur motor, woonstel en baie sakgeld, kan daardie student baie swaar kry sodra hy/sy self begin werk. Dan tref die werklikheid ’n mens.

As ’n ouer ’n kind terwyl hulle op universiteit is, bederf met ’n duur motor, woonstel en baie sakgeld, kan daardie student baie swaar kry sodra hy/sy self begin werk.

Jy begin waarskynlik met ’n salaris op intreevlak. Op jou eie as ’n millenniër sonder jou ouerhuis se weelde, is dit nie meer moontlik om die luukse Instagram-skyn voor te hou nie.

Studente moet dalk leer om die leer van sukses geduldig uit te klim. Jy kan hard aarde toe kom as jy in die denkrigting van vinnige rykdom vasgevang is. Dis ’n illusie waaruit ons moet wakker skrik. Soveel mense wat vinnig probeer ryk word het, het in die grootse penarie beland en alles verloor.

LEES OOK: Hoe erg gaan die grootmenswêreld dan wees?

Kom ons skrik ’n bietjie wakker in 2020. So tussen die pandemie en die akademie moet ons miskien leer om nie ons ouers finansieel te melk nie. Lewe weer eenvoudig, maak sommer jou koffie self.

Die sosiale druk van die “grand” koffie by ’n spoggerige winkelsentrum in die Ooste van Pretoria, lei dalk daartoe dat jou ouers nie ’n goeie aftrede sal hê nie. Jou Instagramselfie is nie n langtermynbelegging nie.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.