SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Die Student
Skryf ’n brief vir Cyril en wen R5 000!

As jy die president se oor gehad het, wat sou jy vir hom wou sê?

Netwerk24 nooi studente uit om briewe vir president Cyril Ramaphosa te skryf.

Die skrywer van die beste brief sal R5 000 wen.

Waaroor moet jy skryf?

  • Begin jou brief met “Beste Cyril”.
  • Onthou om jouself in die brief voor te stel.
  • Kies een onderwerp wat jy graag met die president sou wou bespreek en skryf vir hom ’n brief daaroor.
  • Hou die brief tussen 500 en 800 woorde.

Wat kan jy wen?

  • Eerste plek: R5 000
  • Tweede plek: R3 000
  • Derde plek: R2 000

Hoe word die wenners bepaal?

Die wenners word gekies deur:

  • Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24;
  • Willem Jordaan, redakteur van Die Burger;
  • Gert Coetzee, redakteur van Volksblad;

  • Anika Marais van Netwerk24; en
  • Jeanelle Greyling, redakteur van Metro-Beeld-Suid en voormalige redakteur van Wapad, die studentekoerant van die Noordwes-Universiteit.

Wanneer word die wenners aangekondig?

  • Stuur jou brief aan diestudent@netwerk24.com voor Vrydag, 7 Desember.
  • Die wenners word Dinsdag, 11 Desember 2018, op Netwerk24 bekend gemaak.

Onthou om die volgende saam met jou brief in te sluit:

  • ’n Foto van jouself.
  • Jou selfoonnommer.
  • Jou studentenommer.

Asook antwoorde op die volgende vrae:

  • Hoe oud is jy?
  • Waar studeer jy?
  • Wat studeer jy?
  • Waar kom jy oorspronklik vandaan?

Bepalings en voorwaardes geld. Klik hier om meer te lees.

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.