Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Slay queens: Dís hoekom meisies met ouer mans uitgaan
Kananelo Makoena
Kananelo Makoena

Deesdae se jong meisies knoop maklik ’n verhouding aan met ouer mans of mans wat skatryk is. Nou vra ek myself af, hoekom sal iemand net in ’n verhouding wil wees vir die geld?

Jy weet jou agtergrond verskil van die man s’n, maar ons almal wil ’n lekker lewe hê. Dit is lekker om alles te hê wat jy nodig het, veral as jy op universiteit is en jy soos die ander studente wil lyk. En die meeste van die tyd is hulle beeldskoon.

Die probleem begin as jy ’n leefstyl het wat jy nie kan bekostig nie. Dan begin jy met ouer mans uitgaan wat, wel, jou leefstyl kan bekostig.

Meisies kry alles en word betaal

Daar is meisies wat hulself slay queens noem. Hulle is die mooiste meisies wat jy ooit sal ontmoet. Hulle is van kop tot tone volmaak, met die mooiste figure.

Slay queens word betaal om saam met bekende mans te reis. Sakemanne, politici en kunstenaars nooi hulle saam wanneer hulle uitgaan na funksies en so meer. Die meisie word dan baie bederf en sy kry alles wat sy nodig het, van klere tot verblyf en vervoer. Hulle moet altyd op hulle beste lyk – en hulle word betaal vir hul dienste.

Wat leer jy vir die volgende generasie? Dat dit reg is om met ryk, ouer mans uit te gaan net vir die geld en die duur geskenke en dít net omdat jy wil slay?

Nou dink ek by myself, jy is nou nog jonk en mooi. Die mans vat jou oral heen en bederf jou nou baie, maar wat gaan oor 20 jaar gebeur?

Jy het nie ’n loopbaan nie en niks agter jou naam nie. Jy het net die duurste produkte wat iemand anders vir jou gekoop het.

Wat leer jy vir die volgende generasie? Dat dit reg is om met ryk, ouer mans uit te gaan net vir die geld en die duur geskenke en dít net omdat jy wil slay?

Gaan eerder skool toe, kry graad

Ons besef nie dat wat ons doen die kinders beïnvloed wat na ons opkyk nie. Ons is hul rolmodelle en alles wat jy doen wat verkeerd is, al is dit reg vir jou, sien hulle raak. Hulle doen dit dan ook eendag omdat dit vir hulle reg lyk.

Ek het ’n ruk terug ’n video op sosiale media gekyk waar hulle ’n meisie uitvra oor die lewe van ’n slay queen. In die video vertel sy van al die geskenke wat die mans wat haar dienste gebruik het, vir haar gekoop het. En dat sy soms van Johannesburg na Kaapstad vlieg net om middagete saam met iemand te gaan eet en dan word sy daarvoor betaal.

Dit is egter verkeerd om ’n leefstyl te leef wat jy nie kan bekostig nie. Dit is beter om skool toe te gaan en ’n graad agter jou naam te kry. Dit kan niemand ooit van jou af wegneem nie.

Die meisie vertel dat sy ’n dogter het en as die dogter besluit om ook eendag so te leef, sy haar ten volle sal ondersteun. Wat leer jou kind hierdeur? Dat dit reg is om nie skool te gaan nie, om ander mense se geld uit te gee en nie vir jou eie geld te werk nie? Jou kind leer dat jy nie hoef te werk om ’n inkomste te hê nie.

Ons generasie is vernietig. Dit wil voorkom asof dit reg is om peperduur klere aan te trek en duur hare te koop.

Dit is egter verkeerd om ’n leefstyl te leef wat jy nie kan bekostig nie. Dit is beter om skool toe te gaan en ’n graad agter jou naam te kry. Dit kan niemand ooit van jou af wegneem nie.

Skoonheid, aan die ander kant, is iets wat nie lank hou nie. Dit vervaag met ouderdom, veral as jy nie jouself oppas nie.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.