Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Só kan ons verkragkultuur beëindig

’n Verkragtingskultuur is enige praktyk wat die voortduring en minimalisering van verkragting verseker.

Hierdie tipe praktyke word kultureel en sistemies in stand gehou en sluit dinge in soos seksuele teistering en mishandeling, verkragting, taal, sistemiese rassisme, rigiede geslagsrolle, magsbeheptheid, dwingende gedrag, chauvinisme, diskriminasie en nog vele meer.

Waar kom verkragtingskultuur vandaan, en hoekom he
Waar kom verkragtingskultuur vandaan, en hoekom het dit so ’n komplekse letsel op die kontemporêre wêreld gelaat? Foto: Unsplash

Waar kom verkragtingskultuur vandaan, en hoekom het dit so ’n komplekse letsel op die kontemporêre wêreld gelaat? Ondersoek hierna vind neerslag in die werk van akademici, filosowe, en aktiviste. Wat uitstaan, is dat verkragtingskultuur ’n gekonsolideerde kultuur is wat aktief deur die mensdom uitgeoefen word.

As ’n ambassadeur van die antitese van verkragtingskultuur vind ek myself telkemale in die posisie van kampvegter vir “consent culture”.

Consent culture is ’n term wat nog in sy neonatale fase is. Dit is ’n konsep wat moeilik in die Afrikaanse taal geartikuleer word. Dit kan dalk wees omdat verkragtingskultuur deur die tweede vlaag feministe in Amerika onder die kollig geplaas is, en die Engelse taal dit doeltreffender vertolk het. Of dit kan wees dat die wonde van apartheid steeds rou is vir Suid-Afrikaners. Nietemin kan apartheid op sigself beskou word as ’n sieraad van verkragtingskultuur.

Soos ek nuuskieriger word, steek verkragtingskultuur sy kop uit op verskeie plekke.

Verkragtingskultuur, of dan nou “rape culture,” is ’n konsep wat oor die afgelope jare wortel geskiet het in my daaglikse ondersoek na die stelsels van die samelewing. Soos ek nuuskieriger word, steek verkragtingskultuur sy kop uit op verskeie plekke. As ek die nuus kyk, of nuusflitse op my foon kry, wanneer ek sien hoe my medestudente opstaan teen ’n foutiewe stelsel, selfs as ek by my familie gaan kuier en die taalgebruik bedink. Die vlam van nuuskierigheid het weer by my opgeskiet toe ek die frase “offence is taken, not given” hoor toe ek ’n problematiese verskynsel teëkom en dit gebruik het as ’n voorbeeld van die voortsetting van verkragtingskultuur.

My bekommernis lê by mense wat hierdie frase misbruik.

Die frase vind sy oorsprong in komedie en satire, asook in die diskoerse oor “cancel culture”. Sommige van die mense wat hierdie frase gebruik, soos die Britse komediant Ricky Gervais, is geregverdig in sy omgang daarmee. My bekommernis lê by mense wat hierdie frase misbruik as ’n laaste poging om aanspreeklikheid vir hul optrede te ontduik.

As hierdie frase as verskoning gebruik sou word om ’n oortreder se dade goed te praat, maak ons die persoon aan die anderkant van die geweerloop stil. Daardie persoon offer hul menswees en oortuigings op sodat die oortreder nie verstoot word nie.

Laat ’n mens ook nie vergeet dat die persoon aan die ander kant van die geweerloop deur die samelewing gehawend gelaat is nie. Die aanvaarding van hierdie idee dat die persoon aan die ontvangkant van beledigings die skuld moet dra, dat aanstoot “geneem” is, is absurd en moet in sy spore gestuit word.

Wees bedag daarop dat verkragtingskultuur hope genot daaruit put om die blaam op die slagoffer te plaas.

Jy sien liewe leser, ons hoef nie die frase “offence is taken, not given,” te resiteer om oor dieselfde kam as die aanhitsers van verkragtingskultuur geskeer te word nie. Die koffiereuk strek en lê klem op ons welbehaaglikheid met die voortsetting van verkragtingskultuur. Dit is in ons impotensie om tot aksie oor te gaan en mense aanspreeklik te hou vir hul boeliegedrag. Dit word gevoer deur ons magsbeheptheid en gierigheid.

As jy soos ek is, sal jy in ’n mate kwaad wees aan die einde van hierdie stuk. Enkele deelnemers aan “consent culture” sal nooit ’n ewewig bring nie. Wees waaksaam, want hier is groepdink aan te werk. As ons elkeen voel dat ons enkele deelname nie ’n verskil gaan maak nie, sit ons op die ou end met ’n massiewe groep mense wat so dink.

Barend Kriel

Waar begin ’n mens? Soos alles begin dit met ’n gesprek. Erkenning van ons deelname aan verkragtingskultuur, en die aanvaarding dat die gesprekke en verskynsels wat ons gaan teëkom langs die pad na ’n consent culture awkward gaan wees, maar tog so vrugbaar en kosbaar.

Dit gaan dalk beteken dat ons ons kulturele en sosiale oortuigings moet herevalueer. Dat ons ons huidige verhoudings moet ondersoek en ons woordeskat verbreed met ’n omvattende begrip van dinge soos, consent, gaslighting en body sovereignty. Dat ons nie altyd terugslaan op oppervlakkige hantering van ernstige sake nie.

Beskou dit as ’n nuuskierige en deeglike kykie na die werklikheid.

Dit is ’n onsekere pad, want ons moet dit kultiveer volgens ons land se behoeftes, en foute gaan gemaak word, maar nooit ten koste van ’n ander nie. Soos Brené Brown, ’n Amerikaanse professor in maatskaplike werk gereeld sê: “Don’t be right, get it right . . . be awkward, brave and kind.”

  • Barend is van Bloemfontein en ’n MA-student in Drama en Teaterkunste aan die Universiteit van die Vrystaat.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Menings  |  Die Student  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.