Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Só wen ek die stille stryd op kronkelpad na sukses

Die pad wat na sukses lei, kronkel, en kronkelpaaie is dikwels donker.

Kyk, teen dié tyd is dit geen geheim dat ek in die ghetto grootgeword het nie.

Dalk is ek so ’n klein bietjie soos Mr. Cavernelis in Adam Small se Krismis van Map Jacobs.

Megan Adendorff

Dalk wil ek net so graag ontsnap van my omstandighede en vir my ouers gee wat hulle vir my sou gee as hulle kon.

Tot onlangs was ek pessimisties en wou ek nie eens meer droom of praat oor môre nie.

Op skool het ek my toekoms netjies uiteengesit. Om ’n ondersoekende uitsaaijoernalis te wees was nog altyd my grootste droom.

Ek het natuurlik daarvoor aansoek gedoen by die universiteit, maar my aansoek was onsuksesvol. Ek het teruggegaan Kaapstad toe as ’n walk-in en ook dit het op niks uitgeloop.

Toe doen ek aansoek vir onderwys, want ek het gevoel ek moes net iets, ten minste iéts, met my lewe maak.

Raai wat? Weer eens was my aansoek onsuksesvol.

Die pynlikste was die feit dat almal om my vorentoe gegaan het vir elke tree wat ek teruggegee het.

Ek het almal rondom my weggestoot en my wonde begin lek. Ek het my God bevraagteken. Ek wou weet hoekom dit alles met my gebeur. Ek kon nie verstaan nie, ek het tog met universiteitstoelating geslaag en ek weet ek kan darem so ’n bietjie skryf? Hoekom was my aansoeke elke keer onsuksesvol?

Ek het depressief geword en my afgesonder. Ek het nie die doel van die suurstof wat ek ingeneem het, verstaan nie.

Toe die lig deurbreek

Ek het later tog besef ek kyk verkeerd na die lewe en dat ’n mens nie moet bly lê as jy geval het nie. Dis toe dat ek begin gebruik maak van my talente en ek begin toe vir oudisies vir radio-aanbieding gaan. Vir die eerste keer was ek toe weer optimisties oor iets, maar net soos die duiwel dit wou hê, was ek weer eens net keer op keer onsuksesvol.

Dit was ’n taaier klap as die eerste klap wat die lewe my gegee het.

Toe ek opgee en aanvaar dat ek nooit niks of niemand sou wees nie, stuur God ’n engel oor my pad.

Ek het altyd gedink hierdie goed gebeur net in die movies. Jy weet, iemand ontferm hom of haar oor ’n onkundige, arme kindjie vanuit die ghetto.

Leighton September, ’n oud-Matie, bied aan om my te help met aansoeke vir die universiteit, en dis toe ek die geleentheid kry om vir ’n algemene BA-graad te studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Ek dink dis ’n mooi voorbeeld van Vaughan Gardiner se lirieke wat sê “eers as jy breek, kan die lig deur jou krake skyn”, want dis toe ek my selfvertroue terugwen.

Ek het besef ek moes vir ’n rede alles deurmaak, dat die ghetto stories soos myne nodig het.

Die lug wat deur my krake geskyn het, het die donker rondom my uitgewis. Ek is nog nie waar ek wil wees nie, maar dit is ’n silent battle wat ek definitief besig is om te wen.

  • Megan Adendorff studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland. 
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier
  • Volg ons op Instagram en Facebook

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video!

Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.