Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Somerlywe is vir die voëls
Corine Raath
Corine Raath

Lente is in die lug (my geïrriteerde neus kan daarvan getuig!) en daarmee saam kom die groot besef: As jy hierdie somer in jou baaikostuum wil rondparadeer, sal jy beslis iets moet doen.

Ek sal die eerste een wees om te erken dat dít definitief nie die beste rede is om gesond te leef nie. Ek sou verkies dat ons vir goedvoel-hormone oefen, of, ek weet nie, net om langer te leef. Maar kom ons wees eerlik én realisties: Is dit waaraan die tipiese student dink? I think not. Ek kan hulle ook nie kwalik neem nie – ons lewe in ’n wêreld waar daar heeltemal te veel waarde aan ’n arbitrêre nommer geheg word.

Dis nie maklik nie

Enigiemand wat al ’n radikale leefstylverandering aangepak het, kan getuig dat slaaiblare nie lekkerder raak met tyd nie, hoenderborsies met broccoli raak gou afgesaag en gladdejantjies (smoothies – daar is jou taalles vir die dag) is net lekker as jy nie byna verstik aan die oorweldigende smaak van sintetiese proteïene nie.

Tog sal jy enigiets doen om daardie oortollige walletjies af te skud.

Tog sal jy enigiets doen om daardie oortollige walletjies af te skud. Ja, selfs jou geliefde koffie-latte groet, want #volroommelkmaakvolvetmense (let wel, dis absolute bog).

Soos dit met enigiets radikaal gaan, hou die gedoente nooit lank nie. Jy gaan jouself miskien hierdie somer weer in die te klein baaikostuum kan indwing, maar wag vir die herfs, jeans en dik wintertruie en die slaaibak word weer na doer agter in die kas geskuif.

LEES MEER: Plus-grootte en maer vroue sit met dieselfde probleem

Miskien is dit hoekom so baie mense oefening en mainstream “gesonde” kos haat? Omdat ons dit net as ’n marteling sien.

Weet jy wat? Ek hou eintlik van broccoli en hoender, maar nie elke dag nie. Ek drink graag smoothies . . . met bevrore piesang (koolhidrate, the horror). En van cappuccino’s of lattes hou ek meer as van my eie familie. Oordryf ek? Ek weet regtig nie.

Wat is die ergste?

As jy regtig ’n leefstylverandering wil maak, moet dit wees soos McDonalds se aartappelwiggies: Dit bly jare lank dieselfde. As jy nie van draf hou nie, moenie. As jy aartappels bo patats verkies, eet die aartappel. En moet asseblief nie jou gunsteling-latte afsweer nie. As ek op my sterfbed lê, wil ek tog net nie dink aan al die dae waar ek self onsmaaklik geraak het omdat ek nie my ware liefde, koffie by my kon hê nie.

Om ’n ekstra rolletjie hierdie somer te hê is erg (waarskynlik net vir jou), maar om ekstra ongelukkigheid, ekstra boring kos en ekstra onnodige kardiosessies te hê is, die vet weet, baie erger.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.