Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Sonde met die bure tydens inperking
Mizanne Hattingh
Mizanne Hattingh

Bure. Die woordjie is genoeg om jou maagpyn te gee. Gedurende die inperkingstyd leer ken ons mekaar mos goed (beter as wat ek sou wou).

As jy een van die gelukkiges is, sonder probleme met die mense wat langs jou bly, wees innig (en ek bedoel innig) dankbaar.

Kom ek vertel julle van ons bure.

Om van klein na groot te gaan, kom ons begin by die jongste. Die tjommie swem gereeld.

Nee, ek het nie ’n probleem met kinders wat swem en hulself geniet nie – ek het self ’n boetie wat die swembad sy tuiste gedurende isolasie gemaak het.

Waarmee ek wel ’n probleem het, is die wetter se stembande. Hy skree (aanhoudend en onophoudelik) asof iemand hom probeer versuip. En ek weet niemand versuip hom nie, ek het al ondersoek ingestel. Hy weet net nie dat sy gille die hele buurt ontstel nie.

Hy skree (aanhoudend en onophoudelik) asof iemand hom probeer versuip.

Daar is moontlik meer as een kind betrokke, maar een ding is seker – nie een weet waar hulle volumeknoppies is nie. Ek weet ek is nie die enigste een wat ’n broertjie hieraan dood het nie, my vriendin wou al die polisie oor die klein bliksempies langs hulle bel. As dit tog net so maklik was.

Kom ons beweeg aan na Mamma-Buur toe. Die tannie hou van haar ou sigarette en brandewyn. Wel, ek neem aan dis wat dit is. Dis moontlik appelsap. Dan raak sy nou vir jou vies, dames en here.

Die tannie hou van haar ou sigarette en brandwyn.

Soos my ma sal sê, as die voggies vloei dan k*k haar man six-love (verskoon die Grieks). Dan vertel sy vir hom dinge wat sy voorvaders verkeerd gedoen het. Sover kan ek bevestig dat hy haar nie waardeer nie, maar meer inligting sal volg.

Gepraat van haar man, ek het nie ’n probleem met hom soveel soos met sy kitaar nie. Gedurende die inperking verbeel hy hom hy is Neil Diamond. Hy sing sy hart uit (op sy eie noot as jy tussen die lyne kan lees). Dan neem hy homself op en speel dit vir hom terug.

Oom, as vroulief jou buitentoe jaag met daardie kitaar van jou, dan wil die buurt ook nie blootgestel wees aan jou musikale (on)talent nie. Hy moet homself seker op ’n manier besig hou, nes ek myself gaan besig hou deur my boetie se waterkanon op hom los te laat.

Jy wonder dalk waarom ek die bure se probleme so goed ken, hoekom dit vir my nodig is om dit te verwoord. Die rede hiervoor is maklik, as daar vuil wasgoed is – kom maak hulle dit op hul stoep skoon, sommer net hier by die swembad waar die wetter(s) so raas. En laat ek jou vertel, klank trek in hierdie buurt.

Gelukkig is huiskuiers nou van die tafel af, anders het ek moontlik die pellet gun gaan haal wat my oupa vir my boetie gegee het (tong in die kies bedoel, natuurlik).

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

WIL JY R5000 WEN?

Skryf in vir Die Student se rubriek-kompetisie! Kyk die video vir al die details.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.