Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Soveel vrae, maar dit is soos dit is

Hoe sou die wêreld gelyk het as die koronavirus ons nie getref het nie?

Wat sou gebeur het as die heel eerste persoon met Covid-19 siek begin voel het en toe besluit het om te self-isoleer? Sou die virus dalk by daardie persoon begin en geëindig het?

Schalk Bezuidenhout
Schalk Bezuidenhout

Wat as Wuhan se owerhede vinniger en strenger opgetree en die virus heeltemal in die kiem gesmoor het? Sou dit dan moontlik kon wees vir die virus om wêreldwyd te versprei?

Wat as die virus nog dodeliker was? Wat as daar nie so hoë herstelkoers was nie? Wat as ek aan Covid-19 dood is? Wat as ek dit miskien al gehad het en nie geweet het nie? Wat as my toets ’n valse negatief was?

Wat as Suid-Afrika vroeër uit die streng inperkings uitgekom het? Wat as ons langer op vlak 5 gebly het?

Wat as Zuma nog die president was? Hoe sou hy dit hanteer het? Wat as Malema die president word oor ’n paar jaar? Wat as ons almal moet vlug? Is dit ooit moontlik? Wat as ons ’n volgende Zimbabwe raak?

Wat as ek nie daardie werk oorsee gevat het nie? Sou ek dan die inperkingstyd saam met my familie kon bestee? Wat as ek het en dan het ons het baie baklei?

Wat as dit alles ’n leuen is?

Wat as Bill Gates regtig agter die hele ding sit? Wat as hulle hom uitvang? Sal hy dan tronk toe gaan vir die res van sy lewe? Wat as hy genoeg geld het om die saak jare lank in die hof uit te rek tot hy later te oud is om voor ’n regter te verskyn?

Wat as my koffiewinkel nie tydens die inperkingstyd moes sluit nie? Wat as ons nog ’n rukkie vasgebyt het? Sou ek dan nou beter of slegter daaraan toe gewees het? Wat as dit miskien ’n onbedekte seën was?

Wat as ek vanjaar die liefde van my lewe sou ontmoet by daardie musiekfees waarvoor ek kaartjies gehad het? Wat as die fees wel gebeur het, maar ek was in ’n motorongeluk op pad daarheen? Daai pad is eintlik nogal sleg.

Wat as ek en my lewensmaat nooit gedwing was om weke lank tye saam in ’n klein woonstel deur te bring nie? Wat as ons nie so baie baklei het nie? Wat as ons gegaan het vir huweliksberading, al moes dit dan nou maar oor Zoom wees? Wat as ons nie geskei het nie? Wat as ons kinders gehad het?

Wat as die dinosourusse nooit uitgesterf het nie? Wat as ons nou op ’n wildkyk-rit kon gaan en ’n T-rex bekyk?

Wat as ons 2020 kon oorslaan?

Die punt is: Verlede jaar het gebeur. En alles wat vanjaar gebeur het, het gebeur. Ons kan “wat as dit” en “wat as dat” tot ons blou raak in die gesig. Dit gaan niks verander nie.

Voorwaarts en opwaarts.

Meer oor:  Die Student  |  2021  |  Studente  |  Suid-Afrika  |  Mening  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.