Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Stem, want ons bly nie in droomland nie
Carmen Gropp.
Carmen Gropp.

Dit is een van die moeilikste vrae wat iemand in dié tyd vir ’n Suid-Afrikaner kan vra: Hoekom stem jy, of hoekom stem jy nie?

Dit is ’n hartseer saak. Ek het nog hoop, want die hoop beskaam nie. Dit voel dalk in die brandende Suid-Afrika of hoop ligjare weg is en dalk nie vir ons bedoel is nie.

Maar hier is ons nou – besig om te tob oor watter hofnar ons aan die verskriklike brose Suid-Afrika se stuur gaan plaas.

Die DA fluister soet woorde in ons ore, maar lewer nie werklik resultate nie.

Die ANC se diepste wortels is bevlek met korrupsie en ’n honger vir mag.

En laaste maar nie die minste nie, die EFF versprei oral propaganda en haat.

Wat ’n wonderlike verskeidenheid van keuses! My keel trek skoon toe as ek net daaraan dink.

En om dinge erger te maak word jong mense in ’n hoek gedruk en hoop word voor ons deur gesit. Ek stem saam dit is uiters belangrik dat jong mense moet gaan stem en moet ingryp om dinge in die verskroeide Suid-Afrika te help herbou.

Ongelukkig is daar nie baie goeie kandidate om van te kies nie. Gee vir ons politici wat ons nie ’n rat voor die oë gaan draai en ons besteel nie. Want ons is desperaat. Desperaat om Suid-Afrika te red.

Blus die vuur

Ten spyte van dit alles, stem ek, want ek is ’n hopelose romantikus wanneer dit by Suid-Afrika kom.

Ek is in die algemeen ’n siniese mens as dit by die meeste dinge in die lewe kom.

Ek kan nogal ’n redelik bitter mens oor reënboë en skoenlappers en liefde wees – dalk meer as wat ek moet wees vir ’n 19-jarige. Maar tog klou my Afrikanerhart bitterlik vas aan hoop vir ons land.

Ek stem, want dis tyd. Ek is ’n hopelose romantikus oor my land. Ek is ’n Suid-Afrikaner, ’n Afrikaner en ’n entoesiastiese brandbestryder.

Dit beteken allermins dat ek met my kop in die wolke rondloop.

Ek haat dit om oningelig te wees en ek haat dit om te sweef deur die lewe. Ek weet wat aangaan in Suid-Afrika en wil dit net duidelik maak dat ek sterk voel oor hierdie saak.

Daarom gaan ek stem. Daarom neem ek deel aan gesprekke oor wat in ons politieke sfeer gebeur.

Dis tyd dat ons opstaan. Ons bly nie in droomland nie. Dis tyd vir ons jeug om op te hou filosofeer oor ons identiteit as Afrikaners en Suid-Afrikaners en eerder aktief te probeer om die vuur te blus wat hier in ons land versprei.

Ek stem, want dis tyd. Ek is ’n hopelose romantikus oor my land. Ek is ’n Suid-Afrikaner, ’n Afrikaner en ’n entoesiastiese brandbestryder.

  • Carmen Gröpp (19) studeer regte (LLB) aan die Universiteit van Pretoria. Sy kom oorspronklik van Vryheid in Kwazulu-Natal.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie artikel is ‘n inskrywing vir Die Student se kompetisie oor die verkiesing. Lees die ander inskrywings hier.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.