Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Hoekom is politici net gelowig voor 'n verkiesing?
Ashwin Thyssen
Ashwin Thyssen. Foto: Nardus Engelbrecht

Dit ’n dag voor die sesde verkiesing, nadat die eerste een in 1994 gehou is. Ek is op 27 April 1996 gebore, en is daarom deel van die sogenaamde born free-generasie.

Al hierdie dinge gebeur ten spyte van die ras- en genderongelykhede wat steeds deel vorm van ons nasionale diskoers.

Ná president Zuma se tyd in beheer is die logiese gevolgtrekking tog dat die ANC nie debiteure en krediteure van mekaar kan onderskei nie.

En juis daarom moet die term born free nie net op almal toegepas word wat rondom 1994 gebore is nie.

In haar bekroonde boek Memoirs of a Born Free skryf Malaika wa Azania oor die mislukkings van die ANC sedert hulle in 1994 aan bewind gekom het. Sy skryf dit in 2004 en voorspel die groei van die EFF. In haar boek betwyfel sy die fondamente en die sogenaamde ideologiese vooruitgang van die ANC.

LEES OOK: KYK: Studente praat politiek, verkiesing en korrupsie

In samewerking met die uitgewers, Wandile Ngcaweni en Busani Ngcaweni, is daar verskeie aktiviste en filosowe wat terugkyk na die #FeesMustFall-beweging en ondersoek hulle wat hierdie opstande vir Suid-Afrikaanse demokrasie beteken het.

Mcebo Dlamini vang die tydsgees die beste vas: “Ons veg teen alles wat swart mense in ons samelewing raak. In ons onderbewussyn glo ons dat #FeesMustFall eintlik sê dat swart mense en alle ander onderdrukte groepe moet opstaan.” Maar tot die ontsteltenis van die heersende partye, sluit hierdie onderdrukte groepe ook womxn en die LGBTIQA+-gemeenskap in.

Zuma-bewind gerieflike sondebok

In die laaste paar weke het ons eindelose debatte gesien, verskeie skryfstukke en ’n groot verskeidenheid politieke advertensies, almal in ’n poging om duidelikheid te verskaf. Baie gelowige mense sien nou ook politieke leiers op die preekstoel en in heilige plekke.

Die vraag is, sonder twyfel, hoekom is politici net gelowig tydens die verkiesingstyd? Vir filosowe (ook in die etiek) en teoloë is dit ’n groot vraagstuk.

In die afgelope maande was die Zuma-bewind ’n baie gerieflike sondebok vir die ANC en ander partye wat deel hieraan gehad het. Ons kan sê dat dit in ’n poging is om hulself van korrupsie te verontskuldig. Tog laat dit historiese geheueverlies toe.

Die vraag is, sonder twyfel, hoekom is politici net gelowig tydens die verkiesingstyd? Vir filosowe (ook in die etiek) en teoloë is dit ’n groot vraagstuk.

Ná president Zuma se tyd in beheer is die logiese gevolgtrekking tog dat die ANC nie debiteure en krediteure van mekaar kan onderskei nie. Meer as dit, ander partye kon nie daarin slaag om vir ons ander opsies te gee wat nasionale politiek betref nie.

Dit is disrespekvol vir ’n politieke party om hulself op te bou deur net die foute van die heersende party uit te wys.

Daar is natuurlik ook die DA se sameswering met die wit oppergesag en die EFF se totalitêre streke. Dit alles dui op ’n moeras in die onderbou van ons verskillende partye. Verder het hulle geen idee wat die materiële behoeftes van die Suid-Afrikaanse kiesers is nie.

Nie die tyd vir apatie

’n Dag voor die verkiesing bevind ons onsself op ’n plek waar ons ’n demokratiese bedeling nodig het, bó morele ongemak en nasionalisme.

My generasie, die sogenaamde born frees, dié wat politiek onaktief is, het die huidige oomblik reg gediagnoseer. Ons het die denkfout van die ooreenkoms tydens die Waarheid-en-versoeningskommissie verwerp. Ons bevraagteken daardeur al die nasionale demokratiese mites.

Meer as dit, hierdie generasie moes nuwe asem in Suid-Afrika se demokrasie inblaas. En tog klou hierdie demokrasie vas aan die etiek van medepligtigheid, selfvoldaanheid en ’n Afrofobiese nasionalisme.

Ons sien in die onlangse nuus die omverwerping van die Soedanese Al-Basjir-regering. Rwanda is op ’n pad van heling en versoening, dekades ná die volksmoord. Die kontinent is vinnig op pad na sy 2063-visie toe, soos voorspel deur die Afrika-Unie. Die verkiesing – soos enige ander – kom op ’n tyd waarin ons nie apaties kan wees nie.

En sodoende ’n beeld uit te dra wat morele ongemak en nasionalisme verwerp. Aan die einde van die dag, soos ons op 8 Mei sal sien, is die stemhokkie die heiligste plek in die demokrasie.

As ons toegee aan apatie, forseer dit ons om te oorweeg dat ons nasionale politiek ’n verbygaande era is, en dat dit normaal is – manlik, middeljarig, heteroseksisties en individualisties.

Geskiedenis (miskien deel ons in die skuld) het vir Suid-Afrika baie slegte kaarte uitgedeel. Hoe sal ons ons demokratiese tradisie verdiep? Dit kan net deur burgers gedoen word wat ons heilige demokrasie steun, deur te stem.

En sodoende ’n beeld uit te dra wat morele ongemak en nasionalisme verwerp. Aan die einde van die dag, soos ons op 8 Mei sal sien, is die stemhokkie die heiligste plek in die demokrasie.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.