Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Studente word te maklik gedruip'
Henri Uys
Henri Uys

Dosente speel ’n baie groot rol in ’n student se lewe. Ongelukkig dink ek dat sekere dosente nie altyd besef watter invloed hulle op studente se sukses en loopbaan kan hê nie.

Een van die beste ervarings wat ek gehad het met dosente, was in een van my keusevakke hierdie jaar. Ek moes ’n taak ingee vir hierdie vak. Toe ons die take terugkry, het my dosent ’n brief op my taak geskryf en gevra dat ek hom moet gaan sien.

Tydens ons gesprek het hy my gewys waar ek gefouteer het en my die kans gegee om die taak oor te doen.

Ons het ook ’n vorige semestertoets bespreek en hy het verduidelik hoe ek die vrae moes benader en beantwoord. Danksy hierdie dosent het ek ’n ordentlike semesterpunt behaal.

Dosent ken nie sy vak nie

Ongelukkig het ek ook al negatiewe ervarings gehad. Verlede jaar het ons klas gekry by ’n dosent wat geen akademiese ervaring gehad het in dié spesifieke vak nie. Hierdie dosent het gesukkel om ons vrae in die klas te beantwoord en het by ’n paar geleenthede vir ons gesê om ons vrae te google.

Hy het ook gereeld so saggies in die klas gepraat dat ’n mens hom skaars kon hoor. Ons het as ’n groep gekla by die vakhoof, maar daar het niks van gekom nie. Ons moes eenvoudig maar net die vak deurkom, ongeag wie vir ons klasgee en of hulle in staat is om vir ons klas te gee.

In ’n ander vak vanjaar, is van ons verwag om ’n massiewe hoeveelheid materiaal voor elke klas te bestudeer. Die leesmateriaal was so baie dat ons nie by alles kon uitkom nie.

In ’n ander vak vanjaar, is van ons verwag om ’n massiewe hoeveelheid materiaal voor elke klas te bestudeer. Die leesmateriaal was so baie dat ons nie by alles kon uitkom nie.

Partymaal voel dit asof dosente dink dat ons net een vak studeer. Hieroor het ons ook gekla en ná ’n gesprek met ons dosente, is die voorgeskrewe materiaal wel verminder nadat die adjunk-dekaan bevind het dat die werk te veel was vir studente om ordentlik te kan bestudeer.

Studente te maklik gedruip

Wanneer hierdie tipe goed met ’n student gebeur, is dit moeilik om jouself te motiveer. ’n Mens voel dat jy alleen is, asof die fakulteit en sy dosente nie bekommerd is oor studente wat sukkel en druip nie.

Daar is dosente wat wel moeite doen met studente – dis net jammer dat hierdie tipe dosente in die minderheid is.

LEES OOK: Lewensverhale uit die lesinglokaal

Studente word net te maklik gedruip. As jy 1% of 2% te min het om te slaag, is dit maar net jammer. Daar sal geen moeite gedoen word om te kyk waar die student gehelp kan word nie (kastig is dit die universiteit se beleid dat punte nie “opgerond” kan word waar 1% of 2% benodig word nie).

Uiteindelik moet ék my kursus slaag. Ek neem volle verantwoordelikheid vir my studies. Maar dosente moet besef dat hulle ’n groot aandeel in ons studies het en dat hulle dit in gedagte moet hou wanneer hulle met ons werk.

Ons is nie meer kinders nie – ons toekoms is op die spel.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.