Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Studie oor bruin vroue: Moet ons nie onderskat nie
Leo Cordom
Leo Cordom. Foto: Nardus Engelbrecht

Die Universiteit Stellenbosch het onlangs opslae gemaak met ’n artikel wat handel oor kleurlingvroue se risiko om lae kognitiewe funksionering te hê weens lae opvoedingsvlakke en ’n ongesonde leefstyl.

Hoewel die universiteit om verskoning gevra het vir die trauma en frustrasie wat hierdie navorsingsartikel veroorsaak het en die navorsers dit onttrek het, is jammer nie genoeg nie.

LEES MEER: Studie oor bruin vroue: 'Ek skaam my vir US'

Buiten hierdie akademiese stuk was die kommentaar nadat die artikel die ronde gedoen het, meer van ’n klap in die gesig.

Dit het my die afgelope tyd met die vraag gelaat: “Wanneer gaan daar ’n einde kom aan hierdie blatante vorm van diskriminasie?”

Onkunde veroorsaak vrees

As ’n kleurlingkind beweeg jy anders deur die wêreld. Jy word direk gekonfronteer met jou ras.

Vanaf kindsbeen het mense afleidings gemaak van hoe ek lyk, hoe ek optree, hoe ek praat en hoe dit in húlle wêreld inpas.

Vanaf my skooldae is daar gesê dat my drome nie “geldig” is nie en dat ek nooit genoeg sal wees nie, en nou op universiteit regverdig sogenaamde akademici hierdie stelling met ongegronde bevindings wat meer afkraak as opbou.

As ’n kleurlingkind beweeg jy anders deur die wêreld. Jy word direk gekonfronteer met jou ras.

Mense het deur my kinderjare my intelligensie onderskat oor hoe ek lyk, optree en praat, maar hoekom?

Vrees.

Vrees vir dit wat ons nie verstaan nie. Wanneer iets anders is, stel hierdie verandering partydigheid in werking en dit word deur onkunde veroorsaak.

Dit wat ons nie weet nie, verstaan ons nie. Dit wat ons nie verstaan nie, vrees ons onbewustelik of nie.

Hierdie “onbewustelike” vrees word dan geopenbaar in verskillende emosies, reaksies en in die behandeling van ander.

Diversiteit

Om ontslae te raak van hierdie “onbewustelike” vrees moet ons eers bewus raak van ons posisie in die samelewing en dan só kan ons ander bewus maak. Die minuut wanneer ons verstaan en bewus raak van ons posisie bring dit gemak binne ons.

Hoe meer ons verskille verstaan, hoe meer voel ons gemaklik en vertroud oor die verskille.

LEES MEER: 'Was ons maar net kleurblind'

Opvoeding, bewusmaking en ’n toename in kennis sal die greep van hierdie vrees verminder en die begrip vir ons verskille laat toeneem. Dit laat meer plek toe vir groei en dit laat ons ook toe om diversiteit plaaslik, nasionaal en internasionaal te omhels.

My intelligensie word nog steeds onderskat en nou nadat ek talle joernale, artikels en boeke oor hoe die samelewing ons siening skep gelees het, het ek tot die slotsom gekom dat ek my eie uitkyk bepaal.

Ek is genoeg en jy ook.

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.