Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Suid-Afrika, sy is ons s’n
Mizanne Hattingh.
Mizanne Hattingh.

Sy is die land met baie wêrelde wat in haar skoot rus. Die land met die reënboog wat haar ontferm soos tannie Laurika se moskombersie. Sy sing met trots van die stories van die voete wat liefde in haar getrap het, en gee vir ons liedjies wat klink met die zoem van bye, die blou-blou wat op haar groenigheid neerskyn, van strande met goue sand en diepe water. Sy is wat ons ken. Sy is rein en goed.

Tog het haar moedersmelk suur in die monde van haar inwoners geword.

Hulle het haar liefde terug in haar grond ingekap, so asof elke slag met haat geslaan word. Hulle spoeg op haar groenigheid en trap op haar kleurvolheid. Die reënboog-moskombersie word verskeur en verbrand.

Sy treur. Tog het sy hoop vir die toekoms.

Sy hoop vir respek, vir haar en vir dié wie sy huisves. Sy bid vir geluk, en soos die lied wat spesiaal vir haar geskryf is; bid Sy, O God, vir seën. God seën Afrika en al haar kinders. Sy pleit vir beskerming teen die aanslae, wat tussen die broers en susters wat haar hul tuiste noem, na mekaar gooi. Sy bid, sy pleit.

Sy pleit vir beskerming teen die aanslae, wat tussen die broers en susters wat haar hul tuiste noem, na mekaar gooi.

Haar kinders is halsstarrig, hulle luister nie. Soos donkies steek hulle vas by dit waarin hul glo. Sy voel verwaarloos deur dié wat belowe het om na haar om te sien. Sy hoop steeds. Sy bid steeds. Sy sien die toekoms, en haar hart sak diep-diep tot die hitte wat onder haar gloei. Haar lied oor die bye, haar strande, haar groenigheid, se deuntjie verdof en word een wat oud en onbekend raak.

Sy bid, sy huil.

Haar stof gaan lê beskermend oor al haar kinders en sy hoop dat dit die bose sal weghou. Sy het liefde vir die boemelaar wat brandy en cigarettes deel van hul harte gemaak het. Sy het liefde vir die wat onder haar skadu rus en die stories lees wat haar bloed vertel. Sy het liefde.

En sy bly hoop.

LEES MEER: Hoe kan jy SA dien?

Haar hoop lê in die kinders. Diegene met die onbesoedelde bloed, vry van haat en vol van onveranderde liefde. Sy het hoop in die wat hul kinders die werklike reg en verkeerd leer. Sy glimlag, die groenigheid wat eens so dof gelyk het kom stuk-stuk terug. Sy glimlag in haar herfsblare. Sy lag in haar lentebloeisels. Haar trane vloei in die skoon riviere wat uitloop in die ewige waters in. Sy sien die Here. Sy sien Hom. Immanuel, God is met ons, Hy was nooit weg nie.

Dis ons Suid-Afrika, gelei deur die Hand. Sy bid steeds. Sy sing saam met tannie Carike oor die kleure en klank wat soos golwe oor haar diepe grond spoel. Sy skryf saam met elke geskiedkundige oor die menigte bekende voete wat haar al aangeraak het. Sy is ons s’n – en ons hare. Sy het nie net hoop nie, sy het trots ook. Sy speel saam met elke kindjie in die modder, sy klim saam met elke wildewragtig in haar bome. Sy is daar wanneer jy gedigte oor haar skryf. Sy sing saam wanneer jy kitaar onder haar skadu’s speel.

Ons vir jou Suid-Afrika, almal van ons.

  • Mizanne Hattingh (20) studeer BA Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Hierdie meningstuk is deel van Die Student se rubriek-kompetisie waar ons vir studente gevra het om te skryf oor die Suid-Afrika wat hulle oor 20 jaar wil sien en hoe die jeug kan help om by dié droom uit te kom. Die kompetisie is in samewerking met die Universiteit Stellenbosch aangebied ter viering van Jeugdag.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Diestudentjeugdag  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.