Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Teistering: 3 voorvalle in 1 aand
Celiscka van Dyk
Celiscka van Dyk

Ek was onlangs in ’n kuierplek waar ek drie voorvalle beleef het wat ek dink onnodig en oneerbiedig was.

Ek weet talle gaan nie met my saamstem nie en julle gaan vir my sê ek’s oorsensitief, maar as ons nie die dinge takel nie, gaan dit nooit verander nie.

Ek het geen probleem met ’n kompliment wat met respek uitgedeel word of ’n drankie wat vir jou gekoop word met goeie bedoelings nie, maar die oomblik dat jy agterkom iemand is ongemaklik in jou geselskap, stap eerder weg.

Voorval 1:

Dis Vrydagaand en ek en my vriendin sit en gesels en drink ’n drankie, ons het mekaar twee weke laas gesien, so ons het redelik baie om te bespreek. Die volgende oomblik kom sit daar twee ouer mans by die tafel langs ons. (En ek praat nie van tien jaar ouer nie, ek praat van “Ek-kan-jou-Oom-noem”-ouer.) Uit die hoek van my oog kan ek sien dat hulle in ons rigting staar en kort-kort kommentaar lewer. Ons gee nie veel aandag nie en ons gaan aan met ons gesprek.

Toe daar nog ’n vriendin by ons aansluit, stuur hulle drie drankies na ons tafel toe.

Ná ’n rukkie begin hulle luister na wat ons sê en ook hul opinies lug. Ons lag dit maar af en probeer nie ongeskik wees nie.

Toe daar nog ’n vriendin by ons aansluit, stuur hulle drie drankies na ons tafel toe. (Wees kalm, die kelner het dit gebring.) Ons is verbaas, maar ons sê dankie en gaan aan met ons gesprek. Die opmerkings het nie opgehou nie en hulle het begin grappies maak en gesê ons moet ons drankies vinniger afsluk.

Genadiglik het ons ’n kennis raakgeloop en toe besluit om by hul tafel te gaan sit en hulle die koue skouer te gee.

Voorval 2:

Ons gaan sit by ’n tafel met ’n groot groep mense. Ons het almal lekker gesels en saam gekuier totdat daar ’n grap gemaak is onder die mans. Hulle het handgebare in ons rigting gemaak en hulle het ons probeer insleep daarby, ons kon nie verstaan wat die groot grap is nie en hoe meer ons hulle probeer ignoreer, hoe harder lag hulle. Dit klink dalk na niks, maar dis ? baie ongemaklike situasie om in te wees en te probeer hanteer.

LEES MEER: Van die perdejokkie tot die boomgat: Daar is 5 soorte dansers 

Dis aaklig as jy weet die grap is op jou gemik, maar jy weet nie wat hulle daarby bedoel nie.

Ons besluit toe maar om eerder huis toe te gaan voordat dinge dalk onsmaaklik raak.

Voorval 3:

Asof dit nie genoeg is nie gebeur voorval 3. Soos ons uitstap op pad na ons karre toe, groet die bouncers ons. Ons groet terug en die een keer my voor. Hy vra toe of hy ’n drukkie mag kry. Ek was so verstom, ek het nie geweet wat om te doen nie. As daar ’n reus van ’n man voor jou staan met ’n handpalm so groot soos jou gesig, wat antwoord jy op so ’n vraag? Ek was te bang om nee te sê, so ek gee toe maar vir die reus ’n drukkie.

Dit is hoe ’n gewone aand vir enige meisie of vrou daar buite lyk, of jy nou in ’n kuierplek is, in Woolworths of in ’n restaurant – dit gebeur elke dag.

Dit is hoe ’n gewone aand vir enige meisie of vrou daar buite lyk, of jy nou in ’n kuierplek is, in Woolworths of in ’n restaurant – dit gebeur elke dag.

En voordat julle vir my sê ek oorreageer, gaan praat met jou sussie, vriendin, dogter en selfs jou ma en vra vir haar of sy al ooit in ’n soortgelyke situasie was. Ek is 99% seker sy gaan vir jou sê sy was of dalk in ’n erger een.

LEES OOK: Die WhatsApp, die kuierplek en die laataand koffie...

Ek sê weer, daar is niks fout met ’n goed bedoelde kompliment nie, maar dis hoe jy dit oordra en wat jou bedoeling is wat die verskil maak. En moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kon al drie die voorvalle hanteer en verdra, maar is dit regverdig? Is dit regverdig dat meisies dit moet verdra en stilbly omdat hulle nie ongeskik of onsensitief wil wees nie? Is dit regverdig dat ek saam met my vriendinne wou kuier, maar die grootste deel van die aand ongemaklik gevoel het?

Ek besef dat daar gevalle is waar die rolle omgeruil is en dit geld albei kante toe. Ek voel ons moet mekaar respekteer en as jy agterkom dat iemand ongemaklik is met dit wat jy sê of doen, stap eerder weg.

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Menings  |  Die Student  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.