Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Praat só saam oor jongste begroting
Lindie van Gass.
Lindie van Gass.

Ek sit in die week saam met ’n klomp vriende en wyn drink en natuurlik is Eskom, die begroting, skuldsyfers en Suid-Afrika se ekonomie heel bo aan die besprekingslys.

Ons kom tot die gevolgtrekking dat ons nie eintlik genoeg weet om ’n mening te vorm nie, maar is tog bekommerd oor wat ons glasie wyn hierna gaan kos.

Of wat gedoen kan word sodat ons ’n werk kan kry ná ons jare agter die boeke.

Wat dit nog moeiliker maak, is dat ons in ’n era grootword waarin inligting eksponensieel vermeerder en soms effe oorweldigend is. Ons besef dit raak ons almal en dat daar ’n massiewe las op Tito Mboweni, minister van finansies, se skouers rus om die negatiewe sentiment in Suid-Afrika te probeer omdraai en om vir almal ’n geleentheid te gee om vir ’n slag asem te kan skep.

Die verkiesing is om die draai en die meeste van ons gaan ook ’n kruisie trek, wat ons deel maak van die massas wat vandag gesoek het vir ’n bietjie hoop in die minister se begroting.

Die kredietgraderingsagentskappe het met net soveel aandag gesit en wag saam met die duisende huisgesinne (wat heel moontlik met kennis/vaardighede sit wat ons land broodnodig het) wat eintlik net wil weet of hulle die regte besluit neem om hul tasse te pak en braai vir ’n barbeque te verruil.

Hoe gaan dit jou raak?

1. Beurtkrag is vars in ons geheue. Eskom is op elke moontlike mediaplatform in ons gesig.

Dié situasie bring ons ekonomie in die gedrang.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is ook kort op sy hakke. het dus verwag dat die staat sal ingryp om die sinkende skepe te probeer red.

Die staat sal drie jaar lank R23 miljard per jaar aan Eskom gee om te help met die instandhouding en Eskom sal geherstruktureer word. Die ander staatsorganisasies, insluitende die SAL, sal in 2019 gesamentlik R13 miljard ontvang.

2. Die begrotingstekort styg van 4,3% in 2018 tot 4,5%.

3. Al die projekte moet deur iemand befonds word. Wat gebeur met belasting? Dankie tog vir ons, kan die BTW-koers nie weer styg tot 2021 ná laasjaar se verhoging nie. Die glyskaal vir maatskappy- en inkomstebelasting bly taamlik onveranderd behalwe vir die uitwerking van inflasie.

4. Die algemene brandstofheffing styg op 3 April met 29c per liter.

5. Parlementslede, lede van provinsiale wetgewers en die topbestuur van staatsorganisasies sal geen verhogings kry nie.

6. Die suikerbelasting is verhoog, wat beteken dat jou Crème-Soda-regmakertjie dalk nie meer dieselfde vir jou soettand gaan doen nie. Dit nadat die suikerbedryf gesoebat het vir ’n verlaging in die belasting omdat die belasting wat verlede jaar ingestel is, die bedryf miljarde rande kos.

7. Waaroor jy regtig bekommerd is, is hoeveel minder sigarette en drank jy met jou sakgeld sal kan koop? Aksynsbelasting is soos volg verhoog op drank as sigarette:

• 22c per 750 ml-bottel wyn

• 84c per 750 ml-bottel vonkelwyn

• 12c per 340 ml-blikkie bier

• R1,14 per pakkie van 20 sigarette, wat dit R16,66 per pakkie maak in totaal.

En net so, kan jy ook by vanaand se braai ’n stukkie inligting deel met jou mede-kuierleiers.

Kom ons hoop Mboweni se skouers gee nie mee nie en dat ons nie die hele jaar by kerslig moet sit en studeer nie.

  • Lindie van Gass (24) het BCom(Beleggingsbestuur), BCom(Hon)(Beleggingsbestuur) en MCom(Financial Sciences) studeer en doen tans'n nagraadse diploma in finansiële beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy het op 'n plot groot geword net buite Mooinooi.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.