Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
U kan die land red, meneer die president

Geagte meneer die president,

Ek het gehoor begraafplase lê vol onmisbare mans.

Diegene uit wie se hand die wêreld eens geëet het, kon, verswelg deur die realiteit van hul leuens, ongelukkig nie die toets van die tyd deurstaan nie.

Courtney Hounsell
Courtney Hounsell

Wanneer ambisie en drome net die behoefte aan ’n nalatenskap en trots dien, is hulle nederig geleer hoe vergeetagtig ons soort is.

“Hoekom moet ek die geld terugbetaal, jy weet nie eens hoeveel nie,” sou sommige sê.

Hulle neem groot treë om te oorwin, om elke dagbreek die onmoontlike te bewys.

Onverbiddelik verteer deur hul fabelagtige ambisie wat die verbruiker nooit gedien het nie, maar net diegene wat ons altyd herken – as die misbruikers.

Hierdie mans funksioneer in wêrelde wat vir niks anders as die ego gereserveer is.

En hulle vertrap oud en jonk vir hul onlesbare dors na geld en goud. Hul smagting na die siel van ’n land kan nie aanbeveel word nie, nog kan dit volgehou word.

Hoe hard hulle ook al probeer het, kon ook hulle nie die ware toets van die tyd deurstaan nie.

'n Onseker wêreld

Ek wil u herinner dat ek gebore is in ’n tydperk waarin onsekerheid ons mense se lewe verteer het.

Wanneer ambisie en drome net die behoefte aan ’n nalatenskap en trots dien, is hulle nederig geleer hoe vergeetagtig ons soort is.

’n Wêreld wat verskriklik onseker is, wat wag op verligting; vir iemand om te verskyn en aan hulle die geneesmiddel te gee.

’n Man wat vry gebore te midde van al die chaos, het 27 jaar gedien. Hy het geduldig gewag vir die geleentheid om ons trane af te vee.

Geïnspireer deur die benadeling wat sy broers en susters opgelê is, het sy inhegtenisneming sy liefde vir vryheid gevorm.

LEES OOK: Cyril, jy moet dapper wees

’n Vryheid wat nie net vir die onderdruktes gereserveer is nie, maar ook vir diegene wat hulle op die hiërargie bevind het, die hiërargie van sukses.

Op die smalle weg het sy voete deur eindelose hoogtepunte en talle laagtes gereis.

Sy vergifnis teenoor die sondes van ons vaders was ’n stap in die regte rigting. Hy het hard gewerk om ’n weg vir al sy kinders te baan, om ’n verenigde band te hê.

Wat is dit om vry te wees? 

“Om vry te wees, is nie bloot om jou kettings af te gooi nie, maar om te leef op ’n manier wat die vryheid van ander respekteer en verbeter.”

Ek het u nog nie ontmoet nie, en ek sal waarskynlik ook nie, meneer die president. Maar van wat ek gehoor het, is u ’n eerbare man.

Nie een wat deur die see van selfvoldaanheid verswelg is nie, maar eerder een wat die wapen opgeneem en getrou die fort beveilig het.

“Om vry te wees, is nie bloot om jou kettings af te gooi nie, maar om te leef op ’n manier wat die vryheid van ander respekteer en verbeter.”

U het eerbetoon en lof ontvang en ’n ryk opgebou deur die werk van u hande.En die saad van vryheid wat u eens gesaai het saam met dié man wat u Tata genoem het, het uiteindelik eksponensieel begin groei.

Die wêreld wat ek ken, is deur die eeue heen gemaak. Ek is blind gebore met geen konsep vir kleur nie, en hou nou hande met diegene wat ’n mens broers noem.

Ons het net mekaar geken, ons het dieselfde Moeder.

LEES OOK: Beste Cyril, sterkte uit die Vrystaat!

Saam is ons gesoog deur die vrugbaarheid van haar borste, waaruit die liefde gespruit het wat u altyd geweet het sy het.

“Dit is nou die tyd om te help. Dit is nou die tyd vir elkeen van ons om te sê ‘stuur my’.”

Soos u eens geveg het om die huidige bestel te skep wat vir ons so kosbaar is, so moet u ook veg om ’n onsekere toekoms te vorm, waaroor daar reeds te veel is.

Ons glo in jou!

Ons Moeder staan weer eens voor haar donkerste uur. Haar lyf is geskend met kwessies wat dreig dat haar liefde weer bitter raak.

Armoede, volksmoord, rassisme en ekonomiese onstabiliteit, om maar ’n paar te noem. Demone wat eens verban is, het hul weg teruggevind na die hoek van ons oog.

Weet asseblief dat u my toewyding het, meneer die president, vir elke liewe oomblik wat u op die troon is.

Weet asseblief dat u my toewyding het, meneer die president, vir elke liewe oomblik wat u op die troon is.

En u is nie meer alleen in die geveg nie, meneer die president, en dit moet ook nie wees nie, ter wille daarvan om ’n nuwe toon aan te gee.

Dit is ’n opmars vorentoe, vorentoe na die onbekende. Onwrikbaar en veilig, bewus van die swaar tye wat ons Moeder reeds verduur het.

LEES OOK: Beste Cyril, ons kort 'n bietjie inisiatief en 'n bietjie gees

Ons veg vir ’n toekoms, meneer die president, nie om foute in die verlede reg te stel nie, maar om ’n toekoms te bou wat ons almal saam kan aangryp.

Ek glo, meneer die president, dat as u dit werklik en eerlik nastreef, sal u ook ’n kans hê om Moeder van al ons misdade te verlos. En deur u opoffering, meneer die president, sal u ook trots u plek inneem tussen diegene wat die toets van die tyd deurstaan het.

Sterkte.

Enkosi Kakhulu

  • Courtney Luke Hounsell (26) studeer by Unisa. Hy is oorspronklik van Oos-Londen en woon tans in Roodepoort.
  • Hierdie brief is 'n inskrywing vir Die Student se Beste Cyril... kompetisie.
  • Hierdie brief is oorspronklik in Engels geskryf en na Afrikaans vertaal. Lees die Afrikaanse weergawe hier.
Meer oor:  Die Student  |  Bestecyrildiestudent  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.