
Anri Basson
Februarie is die maand van omgee en van liefde. Dis die maand waarin paartjies mekaar ekstra bederf, maar hierdie jaar is ekstra spesiaal.
Die 49-jarige Pascale van Exeter, Engeland, is halsoorkop verlief op haar duvet.
Ja, jy het reg gelees, haar duvet.
Sy beskryf haar verhouding met haar duvet as die mees intieme en betroubare verhouding wat sy al ooit gehad het, haar duvet was nog altyd daar vir haar en hy gee haar warm drukkies.
Ons as volwassenes waardeer ons slaap en ’n lekker duvet baie meer as gevolg van ons daaglikse roetine en verantwoordelikhede.
Maar kan jy so lief wees vir jou duvet dat jy daarmee sal trou?
Elkeen van ons is versot op iets, of dit ’n lekker sny sjokoladekoek is of ’n glasie wyn of selfs jou braaier, almal van ons het iets wat ons hart vinniger laat klop.
'n Groot liefde vir....
Ek is baie lief vir koffie en Oreos. Sjoe, maar ek weet darem nou nie of sommer daarmee sal trou nie.
Pascale se storie is regtig iets besonders en enig in sy soort.
Elkeen van ons is versot op iets, of dit ’n lekker sny sjokoladekoek is of ’n glasie wyn of selfs jou braaier, almal van ons het iets wat ons hart vinniger laat klop.
Die seremonie sal net voor Valentynsdag plaasvind, en Pascale sal geklee wees in haar pantoffels en nagrok vir die groot dag.
Ek wens Pascale en haar duvet alle geluk toe.
As jy sou trou met iets waarvan jy die meeste hou, wat sal dit wees?
- Anri Basson (24) studeer BCom Finansiële Bestuur aan Unisa. Sy het groot geword op 'n plattelandse dorpie in die Noordwes, Bloemhof.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees nog meningstukke hier.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
- Volg ons op Instagram!