Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
'Vergeet en vergewe loop hand aan hand'
Chànde Frania van der Westhuizen
Chànde Frania van der Westhuizen

Vergifnis het nie nege lewens soos ’n kat nie, inteendeel, die Bybel sê dat ons 70 maal 7 keer moet vergewe.

Mense leef verby mekaar omdat goed gesê of gedoen is wat hulle daarvan weerhou om die lewe met ’n opregte glimlag aan te pak.

Ons is geneig om gou vinger te wys na iemand wat ons leed aangedoen het, maar ons is onontvanklik vir die gedagte om aan te beweeg.

Mense leef verby mekaar omdat goed gesê of gedoen is wat hulle daarvan weerhou om die lewe met ’n opregte glimlag aan te pak.

Die tyd het gekom om daardie ou koeie in die sloot te los en eerder op vandag se koeitjies en kalfies te fokus. Ons bevind ons tans in onvoorspelbare omstandighede waarin nie juis tyd is om nog ’n wrok of drie te koester nie.

Ons het mekaar nodig, want niemand is gemaak om verewig alleen te wees nie.

Ware vergifnis bring vryheid

Vergeet en vergewe loop hand aan hand en die meeste van ons kry dit reg om albei te bemeester. Maar baie van ons sukkel nogtans om soms die gebeure in die verlede te vergeet. Wat dit eintlik vir ons moeilik maak, want jy dra daardie las en nie diegene wat jou benadeel het nie. Vergifnis verander nie die verlede nie, maar dit help jou om jou toekoms te verbeter.

Ongelukkig is daar ook diegene na aan jou wat jou goedheid misbruik omdat hulle weet dat jy hulle oor en oor vergewe. Dit maak seer en dit skep ’n beeld van selfsugtigheid in daardie persoon.

Ons lewe is bedoel om spore te ontvang en spore na te laat. Party spore gaan bly en ander gaan nie, maar tog het jy die keuse om uit daardie gewese spore te leer en vir hulle te wys dat vergifnis een van jou eienskappe is. Dis tyd om jouself te bevry van die haat en jaloesie wat jou lewe beheer en jou geluk eerste te stel.

LEES OOK: Dís wat vergifnis regtig is

Die sleutel vir ’n nuwe dag is in jou hande en om iemand te vergewe is soos om ’n deur van ’n nuwe huis oop te sluit.

Ons kan nie altyd eie reg gebruik nie, dis waarom ons die geskenk van vergifnis gekry het om mekaar te bevry van ellendes. Ja, vergifnis eis tyd asook die aksie om jouself te vergewe vir dit wat jy gedoen het of gevoel het oor ’n spesifieke kwessie.

Die Bybel is ’n wyse bron waarby almal iets kan leer in terme van hoe om min of meer te lewe waarvan 70 maal 7 keer een voorbeeld is. Dit beteken nie dat as jy by nommer 490 kom dat jy nie meer hoef te vergewe nie, maar wel dat jy eerder moet aanhou vergewe en dat daar nie ’n beperking is nie.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!



Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.