Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
VERKIESING 2019: Waar gaan ons oor 'n paar jaar wees?
Mercy Kannemeyer.
Mercy Kannemeyer.

Die verkiesing kom al hoe nader en dit oorheers al wat ’n gesprek is. Jy hoor daarvan in die media, om die etenstafel en omtrent op elke straathoek.

So kom dit dat ek verlede week in ’n koffiewinkel in Stellenbosch so ’n gesprek afluister. Ek weet om af te luister is seker verkeerd, maar soms praat mense so hard dat dit byna ’n uitnodiging is om na hulle te luister.

In die gesprek vertel persoon A vir persoon B dat hulle so kwaad was vir persoon C omdat persoon C nie geregistreer is om te stem nie. Persoon C het boonop nie eens ’n rede daarvoor nie en het bloot net voorgehou dat geen party persoon C se stem verdien nie.

Dis kommerwekkend dat soveel jong mense hulle nie geregistreer het nie. Kan jy jou indink waar ons oor ’n paar jaar gaan wees as ons generasie die politici in ons land nou al so wantrou?

Die gesprek duur voort. Ek het nogal ’n rukkie gestaan en afluister, want die ry was lank.

Ek ken ook mense soos persoon C. Hulle is die soort wat of moed opgegee het vir ons demokrasie of net te apaties is om aan enige vooruitsigte van vooruitgang deel te neem.

Persoon B sê vir persoon A dat hulle maar net gaan stem en hoop vir die beste. Nie een van die partye is volgens persoon B sonder foute nie en dit maak die keuse moeilik.

Onmiddellik dink ek aan my eie onsekerheid oor vir wie om te stem.

Waar gaan ons oor ’n paar jaar wees?

Daar is op 29 April op die program Prontuit op kykNET gevra: “Waarom twyfel soveel mense vir wie om te stem?” Kabous Meiring, die aanbieder, noem in haar inleiding dat daar in vergelyking met die 2014-verkiesing vanjaar ongeveer 50% minder 18- en 19-jariges geregistreer is om te stem.

Dis kommerwekkend dat soveel jong mense hulle nie geregistreer het nie. Kan jy jou indink waar ons oor ’n paar jaar gaan wees as ons generasie die politici in ons land nou al so wantrou? Wat gaan gebeur wanneer ons die mense is wat die land vorentoe moet neem? Maar, die skuld kan nie net op die jonges gepak word nie. ’n Mens moet jouself afvra: Wat het daartoe gelei dat mense, veral die jeug, vertroue verloor het?

Politici moet eintlik deurgaans hard werk

Op sommige plekke is die antwoord beduidend: beloftes deur politici wat nie nagekom word nie, werkloosheid, ’n lae lewenstandaard en vrees vir die toekoms. Dit alles het ’n direkte uitwerking op jou besluit vir wie jy gaan stem.

Ons land het die afgelope ruk teen ’n ongelooflike spoed in verskillende rigtings gedryf. As jy vir een dag nie die nuus lees nie, loop jy gebeure mis. En dit voel afgesaag om aan die vooraand van ons sesde demokratiese verkiesing vir mense te sê om maar net te gaan stem en te hoop vir die beste.

Maar, die skuld kan nie net op die jonges gepak word nie. ’n Mens moet jouself afvra: Wat het daartoe gelei dat mense, veral die jeug, vertroue verloor het?

Dis tyd dat politici aanspreeklik gehou word. En dis tyd dat al Suid-Afrika se probleme deurgaans aandag geniet en nie net in verkiesingstyd nie. Is dit soveel moeite om te vra dat die land in sy geheel eerste gestel word?

Soos George Orwell ons egter in Animal Farm herinner: “Man serves the interests of no creature except himself.” En dis jammer.

* Hierdie rubriek is my vierde oor die verkiesing. Sien uit na die vyfde en laaste een ná die verkiesing. Tot dan, gaan stem asseblief op 8 Mei, anders kan jy nie saampraat nie.

Mercy Kannemeyer se verkiesingsrubrieke

Mercy Kannemeyer skryf vir Die Student 'n reeks meningstukke oor die verkiesing.

Lees haar vorige stukke hier:

MERCY SKRYF: ‘Ek weet nie vir wie om te stem nie’

VERKIESING: Watter party trek die meeste aandag?

Wat van 'n leuenverklikkertoets vir politici?

  • Mercy Kannemeyer (23) is tans besig met 'n meestersgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het in Port Elizabeth skoolgegaan en kom oorspronklik van Mosselbaai. "Ek woon egter nou al so lank in Stellenbosch, ek sien myself as 'n Stellenbosser," voeg sy by.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Wil jy Die Student se WhatsApp nuusbrief ontvang? Klik hier om in te teken.
  • Volg Die Student op Instagram!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.