Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
VERKIESING: Neem nugter besluit oor waar jy jou X maak
Chelaine De Wet
Chelaine De Wet

Met ’n baie belangrike verkiesing in die land om die draai, is Suid-Afrika in rep en roer.

Te midde van bewerings van korrupsie, skandale van staatsamptenare en ’n infrastruktuur wat verbrokkel, word daar baie van dié nasionale verkiesing verwag.

Ter wille van ’n funksionele demokrasie moet kiesers en politieke partye tot ’n kompromie kom.

Dit is egter nie altyd so eenvoudig nie, omdat die sogenaamde middeweg vervuil is deur politieke propaganda en ondeursigtigheid.

Propaganda kan omskryf word as manipulasie om ’n bepaalde ideologie of persoon in die beste moontlike lig te stel en indien nodig, die opponerende sy se beeld af te kraak.

Uit die politieke toesprake en veldtogte in die land kom daar na my mening tans sewe tegnieke voor. Elkeen van hulle kan as ’n soort politikus voorgestel word:

1. Die Vermyder

Verwys na ’n politikus wat ’n groot aanhanger van emotiewe taalgebruik is, ’n afgeronde redenaar wat homself uit enige strikvraag kan uitpraat.

Die Vermyder is ’n kulkunstenaar in sy eie hoedanigheid danksy sy vermoë om harde feite of ongewenste vrae te kan wegtoor sonder dat enigiemand dit besef.

2. Die Heuningkwas

’n Oorreder in sy fynste vorm.

’n Vleier van formaat.

LEES OOK:  VERKIESING: 'Kom ons red SA uit die kloue van die verlede'

Om die publiek te oortuig om net die sukses wat ’n probleem veroorsaak het in ag te neem, is die hoofkenmerk van dié tegniek.

Die Heuningkwas se sjarme en slinkse woordkeuse speel op die menslike begeerte om deel te wees van die wenspan.

3. Die Gatkruiper

Woorde soos vryheid, gelykheid, familie, ubuntu en demokrasie versier die politieke toesprake van ’n tipiese Gatkruiper.

Dié propagandategniek fokus op die skep van ’n onrealistiese en misleidende beeld deur aanhoudende verwysing na data wat die betrokke politikus se ideologieë as foutloos uitbeeld

Beloftes van gratis tersiêre onderwys en spoeltoilette bombardeer lamppale en reklameborde.

Die tegniek het ten doel om konsepte wat ’n positiewe konnotasie het, te verweef met politieke veldtogte om nie nét die vertroue van landsburgers te wen nie, maar stemme ook.

4. Die Hekwagter

Massas besonderhede, statistiek en ander inligting is in die kollig as die Hekwagter ’n spreekbeurt het.

5. Die Jan, Rap en sy maat

’n Propagandategniek wat spesifiek ontwerp is om die algemene publiek se stemme te wen.

Dit is ’n strategiese benadering wat dikwels vereis dat politieke figure, armsalig aangetrek in kortbroek en plakkies, in die plaaslike nedersettings doenig is met skole verf of brood uitdeel.

Gevolglik sal Jan homself kan vereenselwig met ’n identiteit waarmee alledaagse mense wil identifiseer.

6. Die Silwer Randjie

Hierdie tegniek word gebruik om deur vrees die publiek te dwing om ’n spesifieke kant te kies.

Die neerdrukkende politikus beskou homself as die silwer randjie in ’n Suid-Afrikaanse donderstorm, waar die publiek oortuig word dat die son slegs weer sal skyn as hy die verkiesing wen.

Die neerdrukkende politikus beskou homself as die silwer randjie in ’n Suid-Afrikaanse donderstorm, waar die publiek oortuig word dat die son slegs weer sal skyn as hy die verkiesing wen.

Daar word baie klem gelê op die moontlike gevolge indien landsburgers nie op ’n bepaalde manier reageer of optree nie.

7. Die Wolf in Skaapklere

’n Propagandategniek wat meestal onderbewustelik funksioneer.

Die politikus sal homself en sy veldtog assosieer met ’n geliefde simbool, idee of plek, om soos ’n wolf in skaapsklere onopgemerk die bevolking te infiltreer.

LEES OOK: MERCY SKRYF: ‘Ek weet nie vir wie om te stem nie’

Demokrasie is ’n voorreg en dit is ons as Suid-Afrikaners se plig om deel te neem en te stem.

Jou kruisie is kosbaar en moenie onder roekelose of beïnvloede besluitneming getrek word nie.

Deur die propagandategnieke raak te sien tydens die verkiesingstydperk kan jy jou laat lei om ’n nugter en ingeligte besluit te neem.

  • Chelaine De Wet (19) studeer BCom Forensiese Rekeningkunde by die Noordwes-Universiteit. Sy kom van Centurion in Pretoria.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Volg ons op Insatgram!
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.