Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Voel jy ook leeg as jy te lank TV gekyk het?

Funny woman binging television on programs and ser

Voel jy leeg nadat jy ’n reeks ge-bingewatch het?

Dis vieruur die oggend. Ek is by my heel laaste episode van New Girl. My oë val al toe, maar ek moet dit klaar kyk.

Net voordat die haan kraai, eindig die laaste episode, en ek voel leeg. New Girl is verewig verby. Ek ervaar gemengde gevoelens en emosies. Hartseer omdat die program verby is, gelukkig oor die happy ending, depressief omdat ek te emosioneel betrokke geraak het en moeg omdat dit vieruur in die oggend is. Wat kan ek volgende kyk?

Het jy al ooit gewonder hoekom jy so leeg en depressief voel as jy uiteindelik jou gunsteling-TV-program heeltemal klaar gekyk het?

Erika Botha
Erika Botha

Dalk ly jy aan “Post Series Depression”, ook bekend as PSD.

Volgens Urban Dictionary is dit die hartseer wat jy voel nadat jy ’n boek klaar gelees of ’n reeks klaar gekyk het. Die bittere gevoel as jy weet die reis is verby, maar jy wil nie hê dit moet eindig nie.

“As ons in ’n wonderlike verhaal betrokke raak – of dit nou ’n boek, fliek of TV-program is – verloor ons onsself in die fantasie, romanse, drama en aksie,” verduidelik Kevin Foss, ’n angsspesialis en stigter van die California OCD and Angst Treatment Center.

Met verloop van tyd kan ons ’n intieme verhouding met hierdie karakters ontwikkel terwyl ons hulle volg, hul grappe deel en hul denkpatrone en emosionele ontwikkeling volg.

Ons projekteer dele van ons persoonlikheid op hierdie geliefde karakters, dan begin ons daarmee identifiseer en in hul beproewings en triomfe deel. Terwyl ons hul verhaal volg, leef ons in ’n geïdealiseerde wêreld vol verwondering, gevaar en misterie.

Wanneer die storie eindig, moet ons afskeid neem van hierdie mense vir wie ons lief is, en diep gekoesterde verhoudinge beëindig”. Dit is baie soortgelyk aan die rou oor die verlies van ’n goeie vriend.

Verder kan veral die fantastiese aard van fiktiewe verhale die werklike lewe vervelig en somber laat voel.

“Die normale lewe sorg nie vir wonderlike storielyne nie,” sê die kliniese sielkundige Margaret Rutherford, skrywer van Perfectly Hidden Depression: How to Break Free from the Perfectionism That Masks Your Depression.

Om jou tande te vlos, die vullis uit te vat, seker te maak dat huiswerk gedoen word of om nog ’n sperdatum te haal, is nie die dinge wat ons verbeelding of nuuskierigheid aangryp nie. Dus, wanneer hierdie ingewikkelde dramatiese verhale wat jy geniet het tot ’n einde moet kom, moet jy treur.

Daar is ’n naam vir hierdie soort verhouding wat jy met die fiktiewe karakters skep, en dit is ’n para-sosiale verhouding

Maar hoe kom jy oor hierdie gevoel van leegheid?

Die term “para-sosiale verhouding” is in 1956 deur die sielkundiges Donald Horton en Richard Wohl geskep, en dit beskryf die eensydige verbondenheid wat ons voel met fiktiewe karakters. Die gevoel word “intimiteit op ’n afstand” genoem, en dit help om te verduidelik waarom ons fiktiewe karakters as ons eweknieë beskou.

In die jare sedert die ontstaan van “para-sosiale verhoudinge” het die realiteits-TV en bekendes se toegang tot sosiale media die medialandskap verwerk, en nou het ons ook hierdie soort verhoudinge met regte mense.

Maar hoe kom jy oor hierdie gevoel van leegheid?

As dit net ’n tydelike verbygaande gevoel is of geen diepe emosionele effek het nie, kan jy waarskynlik ’n kort komedieskets of ’n video van iets met ’n ligter toon kyk om jou gedagtes van daardie gevoelens af te lei.

As jy jouself daaraan herinner dat die meeste programme en rolprente fiktief en te dramaties is, kan dit ook help. Jy kan onderhoude van die akteurs sien wat die gevoel van fiksie moet versterk of na ’n behind the scenes kyk.

Huil help ook. Dit is beter as om emosies te onderdruk en dit help jou om aan te gaan. Dit is gewoonlik waarvoor droewige eindes bedoel is.

As rolprente en programme met hartseer eindes regtig ’n sterk volgehoue effek op jou het, is dit die beste om sulke inhoud te vermy.

Weet net jy is nie alleen in jou stryd teen PSD nie!

  • Erika Botha is besig met haar honneurs in korporatiewe kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier. 
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

    Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.