Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
‘Volg dié stukkie studente-sielkunde’

George Orwell, die skrywer van die bekende boek Animal Farm beskryf dit die beste wanneer hy skryf “All animals are equal, but some animals are more equal than others”.

George Orwell se Ánimal Farm
George Orwell se Ánimal Farm

Dalk is dit waar vir jare ook? Dalk is alle jare gelyk, maar tog is party slegter as ander en miskien het jy een van daai slegte jare gehad.

Dis nie ondenkbaar nie, ek het gedink 2020 se visie gaan iets heeltemal anders beteken.

Januarie 2019 was vol drome van harder fokus op akademie, nuwe vriende maak, ontslae raak van giftige verhoudinge, ou verhoudings probeer reg maak, meer tyd by my kerk spandeer, gesonder lewe en uiteindelik weer die stof van daai ou Nikes afstof en weer begin hardloop. Nie alles was tevergeefs nie, ek het weer die akademie begin aanpak en ’n paar giftige verhoudinge onder die knie gekry.

Emile Muller

Toe kom Maart en die res van die storie ken die leser goed. Ek hoef niemand te herinner aan die drakoniese reëls wat deur die regering ingestel is om lewens te red nie, dit het uiteindelik verander in wat ons vandag ervaar as vlak een.

My vraag is net: het studente se sielkundige gesondheid beter geword soos die vlakke al hoe laer geword het?

Ek’s nie oortuig nie. Die student wat ken van laataand in lag met sy vriende en vriendinne, sy braai en bier, sy jool of sêr, die lys gaan aan.

Vat daai student uit sy of haar omgewing wat hulle leer ken het die laaste twee jaar, sy studente-ondersteuningsgroep en sy vryheid (op jou ouers se bankkoste natuurlik) en plaas hom terug by die huis asof hulle in matriek is. Dis ’n resep vir sielkundige lyding.

Die meeste studente sal ten minste erken dat hulle dit êrens deur die jaar gemis het, wie sou nou nie jou pelle mis nie?

Ek kan sonder twyfel erken 2020 was my moeilikste jaar tot nog toe; akademies en emosioneel gewys.

Ek sê nie ek’s nie lief vir my familie nie. Inteendeel, ek en my stiefpa is nou baie nader danksy die inperking, maar dit is moeilik om weer terug te gaan na die plek wat jy destyds anders geken het om dit nou jou werkplek te maak.

Ek kan sonder twyfel erken 2020 was my moeilikste jaar tot nog toe; akademies en emosioneel gewys.

Snaaks genoeg het ek nie die antwoord gevind op waarom dit so sleg was in een van my stiefpa se duisende sielkundeboeke wat die huis vol lê nie, maar wel by James Corbin, die host van The Late Show.

Die boodskap wat ek by hom gekry het soos hy afgesluit van The Late Show se “Homefest” was een oor as ons sielkundig swaarkry, dan moet ons onsself bymekaar maak en ons kop regruk, maar hy sê ook ons moet met ander praat.

Daar is twee redes om met ander te praat, eerstens help dit jou om dalk te vergeet van die sleg wat jy ervaar het sodat jy dit kan deurwerk, maar die tweede rede is net so belangrik.

Dit laat die ander persoon ook toe om te praat en dinge te verwerk.

Dit is tog die begin van ubuntu, is dit nie?

Daar is twee redes om met ander te praat,
Daar is twee redes om met ander te praat, skryf Emile Miller. Foto: Unsplash

Die “mens wees deur ander mense”. Ek huiwer om die woord “verplig” te gebruik, maar in ’n sin is ons. As jy ’n slegte dag gehad het, Zoom-bel jou beste vriend in Australië, bel jou beste vriend in Harties of in Nelspruit en sê vir hulle hoe jy voel, sê vir hulle waardeur jy gaan en dan luister jy waardeur hulle gaan.

Ek is skuldig deurdat ek dit te min doen, deur net te bel as dit my pas of as dit regtig ’n slegte dag was.

So ek hoop dit was vir jóú ’n goeie jaar gewees, maar ten spyte van of jy ’n goeie jaar gehad het of nie, dalk ken jy iemand wie se jaar nie so great was nie.

In daai geval moedig ek jou aan om daai selfoon nóú op te tel en iemand te bel waarvoor jy lief is, mis of sommer dink dit nodig het.

Op ’n goeie 2021 sodat ons weer kan sêr en jool soos ons altyd het.

* Emile studeer forensiese rekeningkunde en CA aan die NWU Potchefstroom Kampus.

  • Albert Kruger studeer tans nagraads B. Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie. 
  • Wonder jy waaroor studente skryf?
  • Lees meer meningstukke hier
  • Volg ons op Instagram en Facebook

    WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? 

    Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.                                   
Meer oor:  Mening  |  Suid-Afrika  |  Die Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.