Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Vroue staan met een voet in die graf
Lizne Turvey
Lizné Turvey.

“Being a woman in South Africa is to already have one foot in the grave.”

Uyinene Mrwetyana, Lynette Volschenk, Leighandre Jegels.

Dié drie name het net in die laaste twee weke baie bekend geraak. As jy nie die nuus gevolg het nie, hier is ’n kort opsomming.

Al drie dié vroue is dood, al drie die vroue is vermoor en al drie die vroue is vermoor deur ’n man.

Ons word so afgestomp deur die gebeure in ons land en elke nou en dan gebeur iets wat jou weer tot totale stilstand ruk.

Uyinene se storie is een van die verhale wat die wind uit my seile geruk het. Sy is verkrag en vermoor in Claremont toe sy ’n pakkie by die poskantoor gaan optel het.

As ’n mens nie eens veilig in die poskantoor kan wees nie, waar de hel is jy dan veilig?

Ons loop met teikens op ons rûe rond, in die straat, in ’n winkel sentrum, in ’n kuierplek en by die poskantoor. Ons word geteiken deur lafaards wat nie iemand van hul eie “size” kan “face” nie.

Glo deur kêrel geskiet

Leighandre Jegels is deur haar kêrel doodgeskiet. Hoeveel van ons het nie al die gevaartekens misgekyk in ’n verhouding waar die man dalk ’n bietjie hardhandig is en van ons is dalk al gedreig met ’n geweer?

Is dit wat met Leighandre gebeur het? Het sy net die gevaar tekens misgekyk?

Geen vrou moet ooit hard hanteer word nie, niemand mag ’n geweer op haar rig nie en sy mag nie doodgeskiet word nie.

Dit maak nie saak nie. Geen vrou moet ooit hard hanteer word nie, niemand mag ’n geweer op haar rig nie en sy mag nie doodgeskiet word nie.

Meisies, vroue, tannies hardloop ver weg van ’n verhouding die oomblik as jy so ’n rooi vlag sien. Dit gaan nie beter word nie, red jou eie lewe.

Hoeveel optogte nog?

Aan hoeveel optogte teen die mishandeling van vroue moet ’n mens nog deelneem?

En klasse in selfverdediging gaan ook net so ver as die aanvaller twee keer so groot soos jy is.

LEES OOK: Liewe vrou, het ons die oorlog verloor?

Die sesjarige Amy’Leigh Lee is Maandagoggend 2 September voor haar kleuterskool uit haar ma se hand geruk en ontvoer deur vier mans. Ek sidder om te dink…

Sterkte aan die vroue in ons land, sterkte vir iets wat ons nie kan beheer nie.

Kyk na mekaar in die stille oorlog teen ons.

“As millions of women know all too well, no one ever avoided a rape by wearing a longer skirt”- Anne K Ream

IS JY 'N STUDENT? KLIK HIER OM OP NETWERK24 IN TE TEKEN!

Studente aanbod

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.