Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Student
Vroulike musikante in SA moet baie hare op hulle tande hê
Erika Botha
Erika Botha

Vandat ek klein was, wou ek nog altyd musiek maak. Dit was in my. My heel eerste konsert was toe ek vyf jaar oud was by die kleuterskool.

My ma het vir my ’n ou stukkende kitaar met vislyn-snare langs die pad gekoop vir R60 en ek het almal stom geslaan met “Afrikaners is plesierig” met my kop aan die skud en rock-ster-sonbrille.

Ek het gedroom daarvan om eendag op die verhoog te staan en my eie liedjies uit my hart te sing voor ’n klomp mense, maar ek het nie gedink dit sou soveel implikasies inhou net omdat ek ’n meisie is nie.

Ek is seker ek is nie die eerste vrou wat nie ernstig opgeneem word in die werkplek nie, want dis steeds ’n konstante probleem in ons gemeenskap.

Ek kan opnoem hoeveel kere klankmanne die tegniese vrae vir my manlike band-lede gevra het, terwyl hulle my ignoreer en maak of ek nie bestaan nie. En dikwels het ek meer tegniese kennis as die manne gehad.

Word daar neergekyk op vrouens?

Dit voel asof ek uit my pad uit moet gaan om myself te bewys, om aanvaar te word. Dan noem ek nie eens die ou ooms wat onvanpaste opmerkings maak wat jy net stil-stil aflag sonder om ’n groot ding daarvan te maak nie.

Volgens die Women in music-organisasie is die geslagsverdeling in die musiekbedryf sowat 70% manlik. By musiekmaak, vervaardig, komponeer en liedjieskryf is daar minder vroue betrokke.

Dit voel asof ek uit my pad uit moet gaan om myself te bewys, om aanvaar te word.

Hoekom is daar so min vroue betrokke in die musiekbedryf?

Het jy al ooit bedreig gevoel deur ’n ander vrou in dieselfde posisie as jy? Ek het al dikwels ’n snaakse energie in die vertrek beleef as ’n ander vroulike musikant ook moet optree. Dit voel byna asof sy my plek wil vat.

Wel, ons is gekondisioneer om so te voel. Dit word die Smurfette-beginsel genoem, iets wat Katha Pollit ontdek het. Wat dit basies sê is dat mans as die norm beskou word en vroue as die uitsondering. Daarom kan vrouens dan baie territoriaal voel.

Maar dit is nie hoe dit moet wees nie. Vroue moet mekaar ondersteun en kan so baie by mekaar leer.

LEES OOK: 'Vroue werk 2 keer so hard soos mans'

Jy moet ’n dik vel in die musiekbedryf hê as jy ’n vroulike musikant is.

Een vrou wat dit reggekry het, is Karen Zoid. Sy is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n vrou onapologeties moet wees en sê wat jy wil sê en hê. Sy het van die begin af nie stilgebly nie.

Vir te lank is vroue net gesien as bykomstighede, wat net gesien en nie gehoor mag word nie. Wel, ek gaan beslis nie langer stilbly nie.

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

IS JY NETWERK24 SE STUDENT VAN DIE JAAR?

Jy kan R10 000 wen!

Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.